Buurtwagte werk

Buurtwagte werk

Gansbaai Courant

Buurtwagte is, as gevolg van verhoogde voorvalle van misdaad soos inbrake (wonings en motors), diefstalle, aanrandings en misdaad in die algemeen, in Franskraal (2015) en Uilenkraalsmond Vakansieoord (sowat 5 jaar gelede) gestig. Willem van der Merwe van Franskraal Buurtwag het bevestig dat hulle sedert die stigting van die buurtwag reeds vele suksesse behaal het, maar dat hulle graag die getal ingeskrewe lede sal wil uitbrei. Hierdie is ‘n geldige beroep wat op inwoners gedoen word. ‘n Buurtwag is tot voordeel van alle inwoners, ongeag of finansiële bydraes gemaak word of nie.

Gesprekvoeringe met Willem van Franskraal Buurtwag en Paul Venter van Uilkraal Buurtwag in Uilenkraalsmond Vakansie-oord, dui sonder twyfel op die doeltreffendheid van buurtwagte wat reg bestuur word. Veral Uilkraal Buurtwag wat reeds vir sowat 5 jaar effektief bestuur word, kan as ‘n goeie voorbeeld gebruik word.

Uilkraal Buurtwag

Uilkraal Buurtwag, wat deur Paul en Doreen Venter bestuur en beheer word, kan as ‘n suksesvolle voorbeeld gebruik word. “In die 5 jaar van ons bestaan, waartydens ons baie geleer het, het ons tydens vanjaar se feesseisoen nie ‘n enkele voorval van diefstal of inbraak gehad nie,” vertel Paul. “Eerstens is ons op ‘n 24-uur basis sigbaar en tweedens glo ons dat die kamerastelsel uiters effektief is.”

Paul verwys na hulle Wanscam Professional Solar Camera, waarvan agt geïnstalleer is  en een as rugsteun in die kantoor gehou word. In hulle goedingerigte kantoor is daar ‘n groot skerm wat al agt kameras se video-opnames vertoon.

Uilkraal Buurtwag beskik ook oor drie gholfkarre, ‘n 4x4 motorfiets, groot radio’s waarmee al 20 lede toegerus is, elektroniese- en kantoortoerusting, en veel meer. Hulle is ook by Gemeenskapsveiligheid geakkrediteer, wat bepaalde voordele inhou, soos opleiding, toerusting en die ontvang van kennisgewings van enige veranderings in wetgewing.

Waarskuwings

Gereelde waarskuwings word deur Gansbaai SAPD uitgereik oor die nalatigheid van inwoners en vakansiegangers wat in ‘n groot mate tot misdaad aanleiding gee: Vensters en deure sonder diefwering; geen alarmstelsels; vensters en deure wat oopgelaat word, veral die onderste gedeeltes van dubbelverdiepings terwyl die eienaars in bovertrekke kuier; waardevolle artikels wat nie toegesluit word nie; fietse en ander artikels wat onbewaak gelaat word.

Buurtwagte werk

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant