Skelms is arrogant en uitdagend

Skelms is arrogant en uitdagend

Gansbaai Courant

Terwyl ‘n 10-jarige seun ‘n skelm direk ín sy oë kyk, het laasgenoemde steeds ‘n gasbottel wat buite, op ‘n helder verligte stoep staan, se verbindingspyp afgesny, die bottel gegryp en die bosse in laat spaander.

Die voorval het Donderdag, 29 Desember op die plaas Pondjie Botter, waar Martin en Amanda Smit woon, plaasgevind.

Die gasbottel het in ‘n helder verligte gedeelte onder die kombuisvenster van hulle tuiste gestaan.  Ralph, ‘n graad 5-leerder van Laerskool Gansbaai se kamer is skuins oorkant die venster en hy het dadelik alarm gemaak toe hy sien wat aangaan.

Sy suster se verloofde en sy oupa het na die deur gestorm, maar die dief het doodluiters die bosse ingehardloop, terwyl sy makkers vier plastiek tuinstoele gegryp en hom gevolg het.

Die Smitte huur ‘n woonstel op die plaas en nog ‘n egpaar, Org en Bea Ritter woon in ‘n aangrensende woonstel. Altwee die gesinne was tuis en die buiteligte was aan, maar dit het steeds nie die diewe gekeer om hulle nagtaak uit te voer nie.

“Ek het so teen tien uur die binneligte afgeskakel om te gaan slaap en minder as 10 minute later het die voorval plaasgevind,” vertel Martin. “Dit was dus duidelik dat hulle van vroeg af in die bosse gesit en wag het.”

Die plaas, Pondjie Botter, is net buite Gansbaai op die R43, in die rigting van Franskraal geleë.

Martin vertel dat die honde vroeër baie geblaf het en dat hulle Gansbaai SAPD versoek het om ondersoek in te stel.  Die polisie het dadelik gereageer, maar niks gevind nie.

Martin sê by nadere ondersoek die volgende dag is die kwaaddoeners se voetspore in die bosse gevind waar hulle weggekruip het en vermoedelik gewag het totdat die huismense rustig raak en die binneligte afgesit is.

AdjOff Vermeulen van die Gansbaai Speurtak, wat die saak ondersoek, het dit by navraag bevestig.  Indien enige iemand oor inligting beskik, kan hulle hom skakel by 028 384 0201.

Skelms is arrogant en uitdagend

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant