‘Hy gaan dit weer doen’ sê pa van Liewellyn

‘Hy gaan dit weer doen’ sê pa van Liewellyn

Gansbaai Courant

‘n Skrander leerder van Gansbaai Academia, Liewellyn Davids, wat verlede jaar in Graad 11 was, is vir ‘n tweede keer met Akademiese Kleure beloon vir sy harde werk. Die vorige keer was in Graad 8 en sy trotse ouers, Charles en Mirle Davids is daarvan oortuig dat hulle seun dit vanjaar in Graad 12 weer gaan regkry.

Liewellyn het 2016 in sy graad 11 jaar as top-kandidaat met 5 van sy 7 vakke diep in die 80% afgesluit.

Liewellyn se volgehoue harde werk het reeds in Desember 2016 as ‘n Graad 11-leerder vrugte afgewerp. Dosente van die Universiteit van Stellenbosch het hom besoek en toetse laat aflê. Hambly Matthews (voorligting sielkundige) en Lindsay-Michelle Meyer (Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskap) van die universiteit het hom gekeur vir ‘n mediese studierigting in 2018 aan dié universiteit.

Charles sê die universiteit wil met hierdie optrede van hulle ‘n belangrike boodskap aan leerders oordra: Daar is voldoende geleentheid vir hardwerkende leerders wat bereid is om hulle beste op akademiese gebied te lewer.

‘Hy gaan dit weer doen’ sê pa van Liewellyn

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant