Leerders ontwrig R43 oor swak busdiens

Leerders ontwrig R43 oor swak busdiens

Gansbaai Courant

17 Januarie 2017 sal onthou word as die dag toe sowat 70 leerders van Gansbaai Academia duidelik geprotesteer het oor hulle onbetroubare en onvoldoende busvervoer vanaf Stanford.

Die groep leerlinge, wat in die omgewing van Stanford woon, het vroeg Dinsdagoggend, die besige R43 ontwrig deur heen en weer oor die pad te hardloop. Op ‘n stadium het hulle die pad versper en die verkeer tot stilstand gedwing. 

Die aksie het by die Matiltha Maystraat indraai, oorkant die industriële gebied, plaasgevind. Dié protesaksie  is geloods om hul ontevredenheid oor probleme met busvervoer, vanaf Stanford na Gansbaai, duidelik uit te kenne te gee.

Verkeerspersoneel het probeer ingryp terwyl  leerders heen en weer oor die R43 gehardloop het. Gansbaai Academia se skoolhoof, mnr Tommy Wilson, het hom daarheen gehaas om die saak te gaan beredder.

Met sy aankoms het die leerders steeds probeer om die R43 te versper. Hulle het gehoor gegee aan sy oproep om kalmte en het na die groot grasgedeelte langs die pad beweeg.

Mnr Wilson het rustig met die leerders gepraat en gesê dat hulle die geleentheid gehad het om hul ontevredenheid  te wys, maar dat hulle rustig kan raak. Hy het hulle verseker dat die saak opgevolg sal word, waarna hy teruggekeer het na Gansbaai om vervoer te reël.

Die leerders het gehoor gegee en rustig op die grasperk rondgestaan en gesit sonder  verdere voorvalle.

Skool ly daaronder

“Gebeure soos hierdie gee die skool ‘n swak naam en veroorsaak ook dissiplinêre probleme, wat onverdiend is, aangesien die busvervoer buite ons beheer is,” het mnr Wilson gesê. “Dit is eksterne buskontrakteurs wat deur die Onderwys Departement aangestel word.”

Sowat 230 leerders woon in daardie omgewing wat van busvervoer na die skool afhanklik is.

Onvoldoende busvervoer

Tans is daar net 2 busse vir die roete beskikbaar, terwyl daar 4 behoort te wees. Dit bring mee dat van die leerders hul beurt moet afwag en dan op gereelde basis laat is of soms dan glad nie vir skool opdaag nie.

Dit het al tydens die aflê van toetse ook gebeur dat leerders laat is of nie opdaag nie.

“Maandagoggende sien ek gereeld ‘n groot oop kol in die saal tydens die byeenkomste waar die Stanfordgroep behoort te sit,” het mnr Wilson gesê.

Hy het ook gesê die situasie het ‘n negatiewe invloed op die kwaliteit van die skool se onderrig, wat hoog aangeslaan word.

Die leerders wil graag by die skool wees en is trots op die skool se prestasies, daarom wil hulle nie net opdaag by die skool nie, maar hulle wil ook betyds wees.

Beheer oor busroete

Mnr Wilson het reeds by die Onderwys Departement aansoek gedoen om self die busroete te beheer.

Daarmee word bedoel dat die skool net die roete en nie die busse nie, beheer, wat tans nie die geval is nie.

Die roete-kontrak soos dit tans bestaan, verval eers in Maart 2018, waarna hy weer sal kan aansoek doen om beheer daaroor te kry.

Indien die busroete deur die skool beheer kan word, kan die busse ook vir onder andere sportbyeenkomste aangewend word. Daar bestaan ‘n groot behoefte daarvoor.

“Ons vertrou dat ons ná Maart 2018 self die roete sal kan beheer, wat die probleem sonder twyfel sal oplos,” het mnr Wilson gesê. “Intussen is my hande afgekap om die probleem uit die weg geruim te kry.”

Leerders ontwrig R43 oor swak busdiens

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant