Engeland hier kom ons Tanya

Engeland hier kom ons Tanya

Gansbaai Courant

Tanya Smit van Gansbaai Munisipaliteit: Operasionele Dienste, is gekeur om as skeidsregter by die 2017 World Eight Ball Pool Championships in Engeland te gaan optree.

Sy en vyf damespotspelers, asook die spanbestuurder, Anya Roux  maak  deel uit van die Suid-Afrikaners wat gekeur is.

Hierdie eer het Tanya te beurt geval nadat die South African Pool Referee Association (SAPRA) haar verlede jaar as verteenwoordigende skeidsregter van Suid-Afrika aangewys het.

Die kampioenskappe is vir 24 Junie tot 5 Julie 2017 in die Imperial Hotel, North Promenade, Blackpool in Engeland geskeduleer.

Die Suid-Afrikaanse span het hulself bewys as ‘n gedugte span vir die komende kampioenskappe, waaraan 14 lande vanjaar gaan deelneem.

Borgskappe gevra

‘n Toernooi soos hierdie,  impliseer hoë kostes. Elke verteenwoordiger benodig ‘n minimum van R24 900.

Die bedrag maak voorsiening vir onder andere ‘n vliegkaartjie, 13 nagte se akkommodasie, visa-aansoeke, inskrywingsgelde en voorgeskrewe sport kleredrag.

“Ons het reeds met ‘n lootjielys begin wat sal help, maar wat onvoldoende sal wees,” sê Tanya. “Finansiële borgskappe word dringend benodig om te bepaal of die span wel na Engeland sal kan gaan al dan nie.”

Tanya stewig in skeidsregtersaal

Tanya het sowat 8 jaar gelede met Potspel (“Pool”) begin, en haarself binne 2 jaar as skeidsregter gekwalifiseer en dien tans as skeidsregter vir Western Province Country Region (WPCR).

Sy het vroeg in haar potspelloopbaan besluit haar eintlike liefde vir die spel is in die rol van skeidsregter gesetel. Sommer in haar eerste jaar as skeidsregter is Tanya tydens ‘n Suid-Afrikaanse Toernooi in 2012 as “Skeidsregter van die Toernooi aangewys”.

In 2014 ontvang sy haar Springbokklere as Potspel-skeidsregter vir WPCR in die Wes-Kaap.

Kontakbesonderhede

Belangstellende donateurs kan  Tanya  by 079 566 1930 skakel, of stuur ‘n e-pos aan haar by tsmit@overstrand.gov.za.

Engeland hier kom ons Tanya

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant