Gansbaai Courant

Blog: Fotograaf se kamera lei tot arrestasie

Published: 03 March 2017
By:Gansbaai Courant

‘n Verdagte, ook ‘n “ou bekende” aan Gansbaai SAPD, Sinethemba Nvengenya (30) van Masakhane, is met behulp van Hugh-Daniel Grobler, Gansbaai se befaamde fotograaf, se sekuriteitskamera vasgetrek.

Die verdagte het Hugh-Daniel se lang aluminium leer gesteel, min wetende dat hy deur ‘n sekuriteitskamera op video vasgelê word.

Gansbaai speurtak se op-en-wakker sp.konst Mpondo het die verdagte as ‘n “ou bekende” inbreker op die videomateriaal herken. Hy is daarna met knap speurwerk op Sondag, 5 Februarie 2017 in Masakhane gearresteer. Tydens ondervraging het hy erken dat hy die leer gesteel het, maar dat hy dit reeds verkoop het. Hy het ook ‘n gesteelde selfoon van Jeanetta Vermeulen van Bon-Bon Materiaal aan die speurders uitgewys.

Sinethemba het Dinsdag, 7 Februarie 2017 in die Hermanushof verskyn en borgtog sal opponeer word op grond van vorige oortredings.

Enige persoon met moontlike inligting oor Hugh-Daniel se leer wat verkwansel is, kan Gansbaai SAPD by 028 384 0201 skakel en vra om met sp.konst Mpondo te praat.

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...