'n Eerste 'Blou Tee' vir vroue

'n Eerste 'Blou Tee' vir vroue

Gansbaai Courant

‘n Groepie dames het op spesiale uitnodiging van Raadslid Riana de Coning, Vrydagoggend, 17 Februarie 2017 'n gesellige “BLOU TEE” in die Farm Lady’s Shed bygewoon.

In haar toespraak het Riana die dames bedank vir hul ondersteuning en ook genoem dat daar letterlik duisende ander vroue in Gansbaai is wat ook die oggend daar moes wees. “Daarom het ek en Raadslid Moira Opperman besluit om voortaan op 'n meer gereelde basis so 'n teegeleentheid aan te bied,” het Riana gesê. “Die volgende byeenkoms sal in Blompark wees. Die besonderhede sal later bekend gemaak word.”

Sy het ook die vroue verseker dat hulle 'n groot bydrae tot die sukses van die party in Suid-Afrika lewer.

“Vroue dink nie net met emosie nie, maar is ook fyn intelektuele strategiese beplanners en daarom is dit noodsaaklik vir ons land se toekoms om nou al aan die werk te spring en ondersteuning te werf vir die 2019 verkiesing - nie net in ons gesinne en families nie, maar ook in die onderskeie gemeenskappe,” het sy gesê.

Riana het na die DA-leier, Mmusi Maimane, se persverklaring na aanleiding van die “rampspoedige SONA” in die parlement verwys, en die volgende aangehaal:  

“We cannot wait any longer.......We need a move-ment of people who love South Africa and hate seeing it go this way, a movement of people that stand united behind an idea of what South Africa can be. South Africans deserve a new, government that puts them and their future first - let's organise, get to work, raise money and drive the effort to save South Africa.”

Riana het die gesellige tee-oggend afgesluit deur die dames te verseker dat kleur nie vir die DA bestaan nie - behalwe natuurlik BLOU!

'n Eerste 'Blou Tee' vir vroue

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant