BARC-honde word bederf

BARC-honde word bederf

Gansbaai Courant

BARC (Birkenhead Animal Rescue Centre) se honde is nie met Valentynsdag vergeet nie.

‘n Groep vrywilligers en BARC-ondersteuners het die honde op 11 Februarie  na Groeneweide Kwekery en Restaurant geneem vir hulle Valentynsuitstappie.

Die vrywilligers, alhoewel min, het die dag saam met die honde baie geniet. 

“Ongelukkig was daar nie groot belangstelling in die uitstappie nie, wat ‘n groot jammerte is,” sê Annalie Jonker van BARC. “Ons beplan soortgelyke uitstappies met die honde, indien die weer dit toelaat, en vertrou dat die belangstelling daarin sal toeneem”.

Sy beskou Groeneweide as die ideale stapplek vir die honde, aangesien dit ‘n pragtige omgewing is, met meer as genoeg ruimte vir die diere. Vrywilligers wat belangstel, kan daar ontbyt eet, koffie geniet en dan is  daar ook kleedkamers.

Intussen werk BARC se helpers baie hard aan die komende BARC-gholfdag op 18 Maart in Kleinbaai, wat as ‘n fondsinsamelingsprojek aangebied gaan word.

Hierdie geld sal  vir gratis sterilisasie-dae later in die jaar gebruik word.

Vir meer besonderhede kan Annalie Jonker by 028-384-1740 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by maynestay@axxess.co.za.

(Foto: Jeanette Toerien)

BARC-honde word bederf

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant