Gansbaai Courant

Thubten Wullfschlegger wen Enkel Stableford

Thubten Wullfschlegger wen Enkel Stableford

Gansbaai Courant

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Etienne Engelbrecht met 39 punte gevolg deur Daan Victor 39, Thubten Wullfschlegger 38, Solly Wessels 38, Bev Swart 36, E Han 35, Laurie Sauter 35, Dawie Vil-joen 34, Steve Muller 33, Leon Hattingh 32. Naaste aan die penne was Hugo Groenewald op no’s 2 en 11, en Bev Swart op no’s 8 en 17. Fanus Walters teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 17.

Vrydag  se OK Foods 9-putjie kompetisie was ‘n Enkel Stableford formaat, en die wenner was Senekal Dreyer met 19 punte, gevolg deur Johannes van der Walt 21, Andre Coetzee 21, Leon Hattingh 20, Leon Lombaard 20 en Daan Victor 19.  Andre Coetzee was die naaste aan die pen op putjie no 17.

Saterdag se Enkel Stablefordkompetisie is gewen deur Thubten Wullfschlegger met 40 punte, gevolg deur Fanus Walters 36, El Matthee 35, Hugo Groenewald 35, Laurie Sauter 35, Leon Lombaard 35, Neil Harrison 34, Jack Doyle 32, Solly Wessels 32, ET Engelbrecht 31.

Liga:  Veels geluk aan die Gansbaaimanne wat die span van Bredasdorp gewen het met 4 – 2. Die Gansbaai-span was Daan Victor, Pieter Loubser, Johan Coetzee, George Hunt, Bev Swart en Sextus Neethling. Sterkte met die volgende stryd op Kleinmond teen Kleinmond.

Saterdag (4 Maart) vind die Klubkampioenskappe plaas. Die B-afdeling is vanaf 10 – 18 voorgee en speel 36 putjies Houespel.  Die C-afdeling is vanaf 19 – 36 voorgee, en speel 27 putjies Enkel Stableford.

Saterdag (18 Maart) is die BARC fondsinsameling gholfdag, en die speelfooie is R230 wat ontbyt insluit.  Daar is pryse vir die eerste 10 plekke.

Saterdag (25 Maart) is die jaarlikse Sanlam Kanker Uitdaagreeks gholfdag.

Johan Coetzee
0828780534
gbgholf@gmail.com

Thubten Wullfschlegger wen Enkel Stableford

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant