Gansbaai Courant

Blog: Gholfnuus: Neil Harrison wen Sloegterspel

Published: 23 March 2017
By:Johan Coetzee

Woensdag se Sloegterskompetisie is  deur Neil Harrison ingepalm met 51 punte.  Neil speel 'n 76 net vanaf 'n 19 voorgee.  Veels geluk, Neil!

Tweede was George Hunt met 41, gevolg deur Johan Pieterse 40, Johannes van der Walt 40, Solly Wessels 39, Leon Lombard 38, Leon Hattingh 37, Wally van Coller 36, Johan Coetzee 35 en Tony Sauter 35. 

Naaste aan die penne was Etienne Engelbrecht op no 2 & 11 en Steve Muller op no 8 & 17.  Neil Harrison teken 'n Spog Twee aan op no 11 en wen ook die Boerpot-putjies (11, 14 en 17).

Vrydag kompetisie

Vrydag se 9-putjie OK Foods kompetisie is deur Solly Wessels gewen met 23 punte en Solly wen die naaste aan die pen op no 17 en teken 'n  Spog Twee aan.

Enkel Stableford

Saterdag se Enkel Stableford kompetisie is gewen deur Leon Hattingh met 37 punte, gevolg deur Toni Sauter 37, Laurie Sauter 37, Dawie Viljoen 36, Jack Doyle 36, El Matthee 35, Pierre Pieters 35, Jan le Roux 35, M Bury 33, Hugo Groenewald 30.  Naaste aan die penne was Toni Sauter op no 2 & 11, Piet du Toit op no 8 & 17 en Leon Hattingh op 15. 

Spog Twee's word aangeteken deur Laurie Sauter (11), Piet du Toit (15, 17) en Leon Hattingh (15). 

Die Ligaspan het 1-5  teen Kleinmond 1 verloor op Kleinmond.

BARC Gholfdag

Volgende Saterdag vind die BARC Gholfdag plaas - die formaat is 'n Enkel Stableford.

Johan Coetzee
 082 878 0534
gbgholf@gmail.com

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...