Siek skilpad verdwyn uit erf - R1000 beloning -

Siek skilpad verdwyn uit erf  - R1000 beloning -

Gansbaai Courant

“Ek sal nie vrae vra nie, ek sal net die R1 000 beloning gee,” sê Christa van Schalkwyk, die skilpadvrou van Gansbaai, nadat haar ongeveer 28-jarige wyfie bergskilpad  verlede week spoorloos uit haar erf verdwyn het.

Die skilpad is siek en word reeds vir ‘n geruime tyd deur Christa en dr. Liesel Trollip,  plaaslike veearts, behandel.  Sy is op ‘n spesiale dieet en kry medisyne.  Christa het haar geliefde reptiel die afgelope weke behoorlik vertroetel.  Sy het saans in die huis onder komberse geslaap, nadat haar behandeling onder infrarooi- en ultraviolet-ligte in ‘n spesiaal geboude houthok, nie meer nodig was nie.

Christa het ‘n vermoede wie die skilpad moontlik geneem het,  en doen ‘n beroep op die persone om haar terug te bring.

Dit het Vrydag, 1 April omstreeks 15:00 gebeur.

Sy het die skilpad 17 jaar gelede van ‘n gewisse dood gered, nadat ‘n motor die wyfie skilpad raakgery het.  Die skilpad kan maklik uitgeken word aan ‘n kraak op die rug en ‘n hap uit haar regter agterpoot.

Daar is op die oomblik 6 wyfie skilpaaie in die versorgingsoord by Groeneweide en 1 mannetjie.  Christa het ook 20 rooipensies (die kleiner tipe skilpadjies) by haar huis, aangesien hulle deur die draad kan ontsnap by Groeneweide.

Christa is hard besig om ‘n plan te beraam om fyner draad te kan koop, sodat die klein skilpadjies ook by Groeneweide kan bly.  OK Foods Gansbaai en U-Save Supermark voorsien haar twee keer per week van groente en vrugte.

Sy raai mense aan om die skilpaaie wat hulle in hul erwe aantref, net hul gang te laat gaan.  Hoewel gras nie genoeg voedingswaarde bied nie, aangesien skilpaaie reptiele is, is die natuurlike plant- en blomvoedsel in tuine uitstekende voeding vir die geliefde dopkinders.

Enige iemand wat raad wil hê oor skilpaaie, kan Christa skakel by 072 084 0411 of besoek haar facebook-blad:  “Kom leer oor skilpaaie”.

Siek skilpad verdwyn uit erf  - R1000 beloning -

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant