Liedjieboer saai weer uit

Liedjieboer saai weer uit

Gansbaai Courant

Bob Dylan-aanhangers kon Maandagaand  na die eerste van ‘n reeks programme op RSG luister.

Dit is die sesde van die Liedjieboerrumoer-reeks op RSG wat deur ons eie Anton Goosen aangebied word.

Goosen, self ‘n Suid-Afrikaanse legende op die gebied van ligte Afrikaanse musiek, bied ‘n program aan van luistergenot oor Bob Dylan van Hibbing, Minnesota, in Amerika, wat tot Nobelprys-wenner in Stockholm, Swede vereer is.

Goosen speel van sy eie opnames asook sommige van die meer as 485 kunstenaars wat van Dylan se werk opgeneem en uitgevoer het.

Die reeks van 13 episodes word in Anton se dikmuurhuis, wat uitkyk oor die Gansbaai-hawe,  saamgestel, opgeneem en verpak.

Die uitsaaityd op RSG is Maandagaande tussen 100 en 104FM vanaf 21:20.

In ‘n onderhoud met  Goosen, het hy Maandag-middag vertel van sy reise, lewe en liefde en terloops gesê: “Still better than working.”

Anton se reisprogram vir die res van die jaar, sluit optredes in op Plettenbergbaai, die Delwersfees op Christiana, Kirkwood se Wildsfees, Kleinmond en die Pietermaritzburgse Royal Skou.

Dit sou lekker wees om hierdie legendariese Afri-kaanse sanger meer op ons eie drumpel te sien optree.

Liedjieboer saai weer uit

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant