Gansbaai Courant

Blog: Lydenstyd kunswerke besonders

Published: 13 April 2017
By:Gansbaai Courant

Kreatiewe mense vanuit die gemeenskap is onlangs uitgenooi om deel te neem aan ‘n Lydenstyd- en Paaskunsuitstalling by die NG Gemeente. Die uitstalling is in die Pretorius-sysaal van die NG-gemeente aangebied.

“Ek glo dit is net die begin van iets wat net kan groei,” het dr Lisel Joubert, predikant van die NG-gemeente en inisieeder van die uitstalling, gesê. “Almal wat uitgestal het deel die verhaal van Christus se lyding en opstanding, maar kon op verskillende maniere die implikasies hiervan vir hulle eie lewe uitbeeld en so is andere weer geseën.”

Dr Lisel sê ‘n kerkhistorikus, Margaret Miles, het geskryf dat die Woord vlees geword het sodat ons weer die vlees woord kan maak. “Dit beteken om deur woorde, liedere, skilderye, houtwerk, naaldwerk en veel meer weer God se goedheid aan ander te kan wys.”

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...