Gietende reën keer hulle nie

Gietende reën keer hulle nie

Gansbaai Courant

Die landwye veldtog om die land se president uit sy stoel te lig, het ten spyte van reën en wind ook Gansbaai se mense laat saamstaan.  Heelwat mense wat nie daar kon wees nie, vertel dat hulle die protesaksie ondersteun het.

By navraag het mense gesê hulle benader dit op ander maniere, soos om as ‘n groep of in afsondering te bid vir ons land.

Riana de Coning, raadslid vir Wyk 2 het in Gansbaai die protesaksie geloods.  Hoewel sy nie toestemming kon verkry vir ‘n mars deur die dorp nie, is toestemming verkry om voor die munisipale kantore te staan. Sowat 150 mense het in gietende reën aan die Hoofstraatkant van die dorp met plakkate hul boodskappe uitgedra.

Soos wat die kultuur maar is, was almal in ‘n goeie bui en ‘n samehorigheidsgevoel het byna ‘n feestelike atmosfeer aan die aksie verleen.

Die boodskap was egter ernstig en duidelik:  Suid-Afrikaners eis ‘n leier wat ‘n land verantwoordelik kan regeer.

Volgens die redakteur van die Overstrand Herald was daar om en by 400 mense in Kleinbaai byeen.

In Hermanus het ongeveer 4000 optoggangers langs die strate gestaan.  Biskop Desmond Tutu en sy vrou Leah, wat onlangs in Onrus afgetree het, was ook deel van die protesoptog.

Ds Dirk van Dyk, leraar van die NG Kerk in Gansbaai het Sondag sy preek toegewy aan ons land en sy mense met die boodskap:  “Wees stil en weet God is daar.”  Hy het die boodskap uitgestuur dat Suid-Afrikaners op hul knieë moet gaan en bid vir ons land.

Rdl de Coning het in ‘n onderhoud gesê dat Gansbaai se mense  net weer bewys het dat hulle as gemeenskap kan saamstaan, ten spyte van politieke oortuigings of kultuurverskille.  Sy bedank almal wat saamgestaan het vir dit waarin hulle glo as gemeenskap, volk en nasie ter wille van die toekoms van ons pragtige land, Suid-Afrika.

Gietende reën keer hulle nie

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant