Gansbaai Courant

Blog: Oupa dominee Dirk doop sy eie kleindogter

Published: 20 April 2017
By:Gansbaai Courant

Wat ‘n besonderse voorreg vir ‘n oupa-predikant om sy eie kleinkind te kan doop.

Ds Dirk en Marina van Dyk van Gansbaai NG-gemeente se kleindogter, Amélie Smit, is Sondag, 9 April 2017 in die NG kerkgebou deur haar oupa, ds Dirk van Dyk gedoop.

Die doopouers is Christian en Inge Smit van Vishoek in die Kaap. Inge is Dirk en Marina se dogter en die jong Smit-egpaar het ook ‘n seun, FC Smit. Christian se ouers, Chris en Anette Smit het spesiaal vanaf Bloemfontein vir klein Amélie se doop gekom.

Ina Wevell van Gansbaai, Amélie se oumagrootjie, was ook teenwoordig. Dit het meegebring dat vier vroue-geslagte kon saamkuier: Ma Inge Smit, Ouma Marina van Dyk, Oumagrootjie Ina Wevell en die vierde vroue-geslag, wat ook die belangrikste ‘gas’ vir die dag was, die dopeling, Amélie Smit.

Vriende en familielede het die heuglike dag met tee en verversings aan huis van Dirk en Marina van Dyk in Franskraal gevier. 

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...