Gesin presteer

Gesin presteer

Gansbaai Courant

Varswaterhengel word nie algemeen in Gansbaai bespreek nie, maar in Perlemoenbaai is ‘n gesin wat spog met heelwat prestasies en toekennings vir dié sportsoort.

Hierdie gedugte gesinshengelspan is lede van die Boland Varswater-hengelklub. Hulle is Dirk Lourens in die Meesterskategorie (mans ouer as 50), Sandri Wessels in die Dames-kategorie, Johandrè Wessels (11), ‘n graad 4 leerder van Laerskool Gansbaai en haar suster, Zandrè Wessels (10), ‘n graad 3 leerder. Altwee hengel in die Penkop-kategorie (seuns en dogters onder 13). Dit was die twee susters se eerste Boland-klubkompetisie waaraan hulle deelgeneem het.

Sandri vertel dat dit ‘n mooi dag was, maar dat modder ‘n groot probleem was met die dam wat baie leeg is. Dit het egter nie die Penkoppe se moed gebreek nie.

Die twee Gansbaai dogters het uitstekend in hul eerste kompetisie gevaar en Sandri sê dit het op ‘n stadium gelyk asof hulle die seuns gaan klop.

Die gesin se uitslae was soos volg: Dirk Lourens eindig met 36 visse (17.790kg), Sandri Wessels met 29 visse (13.43kg), Johandrè Wessels met 21 visse (14.165kg) en Zandrè Wessels met 20 visse (8.97kg).

Voorbereiding vir die volgende kompetisie op Saterdag, 22 April 2017 by die Kwaggaskloofdam naby Worcester, het reeds begin.

Dirk Lourens is reeds vir die afgelope 27 jaar ‘n aktiewe en gesoute varswaterhengelaar, met vele toekennings agter sy naam.

Sandri Wessels het haarself gedurende die afgelope 4 jaar deeglik bewys dat sy haar “vrou kan staan” agter die visstokke en spog ook met toekennings agter haar naam.

Die twee dogters, Johandré en Zandré Wessels, Sandri se dogters, was verlede jaar hoogs in hul noppies toe hulle varswaterhengeltoerusting as Kersgeskenke ontvang het, in plaas van poppe en stootwaentjies.

Hulle eerste “toets” met hul hengeltoerusting was by die Helderstroomdam.

Johandré het 4 mooi visse uitgetrek, waarvan die swaarste ‘n Karp van 4.36kg was. Op haar beurt het Zandré 3 visse ingeweeg, waarvan die swaarste ‘n Karp van 1.86kg was.

Enige iemand wat belangstel om varswaterhengel as ‘n sportsoort te beoefen, kan vir Sandri Wessels, skakel by 078 311 1340.

Gesin presteer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant