Leeskring ontmoet Moordvisskrywer

Leeskring ontmoet Moordvisskrywer

Gansbaai Courant

Haar ouma was die eintlike boekwurm in die familie wat heel onbetaamlik vir ‘n boervrou, gereeld soggens op hul plaashuis se stoep gesit en lees het.

Dit was dié einste ouma wat ‘n biblioteek begin het in ‘n winkeltjie in Kruisrivier en dit is by dié ouma, waar skrywer Irna van Zyl se liefde vir lees en skryf vandaan kom.

Gansbaai Leeskring het hierdie befaamde joernalis genooi om verlede Woensdag oor haar debuutroman, Moordvis te gesels by hul maandbyeenkoms in die biblioteeksaal.

Irna, met ‘n ellelang lys van joernalistieke toekennings agter haar naam, vertel grappenderwys hoe sy as kind haar gesinslede se biblioteekkaartjies gesteel het, sodat sy meer boeke kon uitneem.

‘n Vriendin het Irna op haar 50ste verjaardag gevra, wat sy nóg wil bereik in die lewe – en sy wou ‘n boek skryf. Sy het net nie geweet hoe om te begin nie, maar haar vriendin het haar aangepor met “as jy dit wil doen, moet jy dit eenvoudig doen”. Vandag is dit haar werk.  Sy begin soggens 06:00, hou haar kop op die storie en “write like a truck driver”.

Irna het ‘n uitgewer gekies wat haar boek terselfdertyd in Afrikaans en Engels sal uitgee en dit in Penguin uitgewers gevind.

Haar eerste misdaadroman het in Julie 2016 op die rakke verskyn, met sy vertaalde eweknie Dead in the Water.

Die verhaal speel in die fiktiewe dorpie Grootbaai af wat in die omgewing van Pearly Beach, Gansbaai en Kleinbaai geleë is – Irna se hartland. 

Marita van der Vyver se mening oor die boek: “Die spanningslyn gaan jou inkatrol, die storie gaan jou meesleur” en Karin Brynard skryf: “’n Dawerende nuwe stem in Suid-Afrikaanse misdaadfiksie.”

Roemryke loopbaan

Irna se joernalistieke loopbaan het in 1979 as verslaggewer by Die Burger in Kaapstad begin.

Sy verwerf ‘n honneursgraad in Afrikaans en Nederlandse letterkunde, asook ‘n honneurs in Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy wen reeds in 1981 die Stellenbosch Boerewynmakery se prys vir ondernemende joernalistiek vir die vloedrampe by Laingsburg en spesifiek Montagu.  Sy word Die Burger se eerste vroulike hoofsubredakteur in 1985 en in 1988 redakteur van De Kat in Johannesburg. Sy publiseer ‘n kortverhaalbundel Grootmensspeletjies, in 1995.

Sy verlaat De Kat in 1996 en keer terug na Kaapstad, waar sy in 1998 die medestigter is van New Media Publishing. Kort daarna word sy redakteur van Insig en van 2007 – 2009 redakteur van Boeke-Insig. Sy tree in April 2015 uit as redaksionele direkteur van New Media om haar voltyds op kreatiewe skryfwerk toe te spits.  In dieselfde jaar is sy deur Media24 met die Piet Cillié-prys vereer vir haar joernalistieke loopbaan, asook deur Naspers met die Orde van Tafelberg vir haar bydrae as sakevrou aan die Naspers-groep.

Karen Zoid verwys nie verniet na Irna as ‘n mediamag-naat nie.

Hier vind sy vrede

Pearly Beach is voorwaar bevoorreg om hierdie gerekende vrou met tye as inwoner te hê, waar sy ‘n wegloophuis het en deel is van die Pearly Beach Bewarea bestuurskomitee.  Bewaring lê Irna baie na aan die hart.  Sy was ook die redakteur van Pearly Beach Bewarea se volkleur inligtingsboekie:  Pearly Beach and all you need to know to love it here.

In een van die artikels in die handige boekie, skryf sy oor die Kaapse grysbok en ander wild wat sy daar opgemerk het.

Op die voorlaaste bladsy skryf sy oor ‘haar’ Pearly Beach en waarom hierdie juweel van ‘n plek vir haar so besonders is. 

Hier vind sy kalmte, perspektief, eenvoud, hoop en vrede – voorwaar ‘n wêreldskat wat bewaar moet word!

Leeskring ontmoet Moordvisskrywer

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant