Gansbaai Courant

Blog: Victor Hunt wen

Published: 05 May 2017
By:Gansbaai Courant

Saterdag se Enkel Stableford kompetisie wat deur Fritz Smit & Kie van Suider-Paarl geborg is, is met gemak deur Victor Hunt met 45 punte (74 bruto) gewen, gevolg deur James Moore 41, George Hunt 41, Daniel van der Merwe 40 (73 bruto), Dawie Viljoen 39, Etienne Engelbrecht 36, Hein du Toit 35, Jakkie Beukes 34, Andre Roos 34 en Ian Hunt 34. 

Naaste aan die penne was Leon Lombaard op putjie no’s 2 en 11 en Lieb Louw op no’s 8 en 17.

Spog Twee’s word aangeteken deur Victor Hunt (17), Francois van der Merwe (17) en Lieb Louw (8). Daniel van der Merwe teken ‘n Arend aan op putjie no 1.

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Wally van Coller met 37 punte, gevolg deur Leon Hattingh 36, Pierre Pieters 36, Bev Swart 35, Johan Coetzee 35, Hugo Groenewald 35, Solly Wessels 34, Etienne Engelbrecht 34, Steve Muller 34 en Leon Lombaard 33. 

Naaste aan die penne was Andre Roos op no’s 2 en 11, asook 8 en 17, en Hugo Groenewald op no 15. Andre Roos teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 17.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur Solly Wessels met 14 punte, gevolg deur Pieter Loubser 14, Hennie Kriel 14, Etienne Engelbrecht 13, Melvin Tobias 12 en Frikkie van Eeden 12.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stable-ford.

Ligaspan:  Ons wens die Ligaspan sterkte toe wanneer hulle Saterdag teen Kleinmond 1 op Gansbaai te staan kom.

Vrydag, 28 April is dit weer Steak ‘n Chips aand.  Onthou om vroegtydig te bespreek by die kroeg vir die vleisbestelling.

Johan Coetzee
082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...