Die heel belangrikste - die weer moet net regkom

Die heel belangrikste - die weer moet net regkom

Gansbaai Courant

Sekerlik die belangrikste faktor wanneer dit kom by hengel, en veral boothengel, is die weer.

Op die oomblik is dit suidoostewinde wat gedy en ongelukkig voorspel dit niks goeds vir boothengel nie, hoewel die manne met die lang stokke nie baie sal kla nie.

Dit is juis wat die kabeljouwater voordelig beïnvloed. Die vaalwater wat hiervoor benodig word is juis nou na aan die wal met die gevolg dat kabeljou nog hier aangetref word. Maar enige wind wat te lank waai is op die ou einde nie ‘n goeie ding nie.

Die water is as gevolg van hierdie toestande baie koud en voor die weer nie “opspeel” nie sal dit so bly. Hiervoor benodig ons natuurlik die westewinde.

Indien die weer en water saamspeel, verkry jy die nodige warmer water en dan is daar pêre! Te warm water veroorsaak weer ander probleme en is ook nie van die beste nie.

Wat se vis om te verwag? Kom ons kyk eers wat sover gebeur het. Die kabeljou-storie was doodnormaal, soos dit elke jaar gebeur. Met die winter aan die kom behoort hierdie selfde kabeljou te verkas na die dieper water, en dit behoort enige tyd nou te gebeur. Wanneer hierdie weer sy verskyning maak, behoort ook ander vis te begin byt.

Daar sal wel gestry word oor die kwessie van somer- en wintergeelbek. Sommige ouens beweer dit is een en dieselfde visse wat beide in die winter en somer aan die byt gaan. Tot sover was die “somergeelbek” maar aan die sku kant en behalwe vir sporadiese vangste, nie veel om oor huis toe te skryf nie. Kom ons hoop die wintergeelbek het ander planne. Die hotties (altyd welkom wanneer die ander visse hulle skaars hou) het ook die gewone patroon gevolg en is op die oomblik, soos dit hoort,  lekker vet en redelik volop. Die koue water op die oomblik is die haakplek. Nege grade is te koud! Nogtans, indien jy weet waar om te soek, gaan jy hulle raakloop.

Die romanne en PW’s is heel jaar met ons, maar toon ook ‘n neiging om somtyds voorkeur aan ‘n sekere tyd te gee.

Snoek? Ons wag vir hulle en dit moet sommer gou gebeur. Aan die weskus word daar baljaar met hierdie vis en dis nou ons beurt.

Ongelukkig is hulle nie altyd in die beste toestand wanneer hulle hier uitslaan nie, maar wie gaan kla?

Hier by Mei/Junie kan ons ook begin uitsien na die groter silwervis en dis iets om oor opgewonde te raak.

Onthou net, as die weer en die water reg is en die vis is hier, kort dit nog die nodige kundigheid om suksesvol te wees.

Kry maar intussen die gereedskap reg.

Baie groete,
Seemeeu

Die heel belangrikste - die weer moet net regkom

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant