Seeff se wenspan

Seeff se wenspan

Gansbaai Courant

Seeff Country / Pearly Beach se knap agente,  Nelia Muller en Dave Kunneke is in ‘n Vennootskap van 2-eenhede as wenners deur Seeff Suid-Afrika aangewys.

Gesamentlik beskik hierdie twee agente oor meer as 45 jaar se ervaring in die eiendomsbedryf.

Die  voorsitter van Seeff Suid-Afrika, Samuel Seeff, het persoonlik die sertifikate vir uitstaande resultate en puik diens oorhandig.

Nelia sê die vennootskap vier in Julie vanjaar sy tweede verjaardag. Dave Kunneke (wat sedert 1985 in die eiendombedryf is) het in 2015 die kantoor  onder die lisensiehouer, Cornie Swart,  in Pearly Village vir Seeff Country geopen.

“Verkope was  van die begin af belowend, maar dit was duidelik dat baie mense, asook Kaapenaars, nog nooit van Pearly Beach gehoor of besoek het nie,” het Nelia gesê. “Ons word dikwels met Shelly Beach in KwaZulu-Natal verwar.”

Nelia is sedert 2004 in die eiendomsbedryf en het in Desember 2015 by Seeff aangesluit. By die vorige agentskap waar sy werksaam was, het Nelia 9 uit 11 “Agent van die Jaar” Toekennings verwerf.

Intussen het Dave en Nelia ‘n uitstekende vennootskap opgebou en sodanig uitgeblink dat hulle tydens die Jaarlikse Seeff Toekennings in die Paarl met vyf toekennings weggestap het, onder andere 1ste vir die meeste verkope in die Suid-Kaapstreek en 2de vir die meeste verkope Nasionaal vir Seeff. Nelia is bekroon vir voortreflike diens en die meeste verkope deur ‘n nuweling by Seeff.

Dave en Nelia meen dat Pearly Beach steeds goeie beleggingswaarde bied vir Kaapenaars wat net vir ‘n naweek uit die stad wil wegbreek, asook mense wat na bekostigbare aftreehuise op soek is.

“Ons strande is die mooiste in die Suid-Kaap en besoekers kan gerus na ons mooi landelike omgewing en ongerepte dorpie kom kyk.”

Seeff se wenspan

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant