Gansbaai Courant

Blog: André en Pieter wen samespel

Published: 12 May 2017
By:Gansbaai Courant

Verlede Saterdag se 2-Bal Samespel Stableford kompetisie is gewen deur André Roos en Pieter Loubser met 47 punte, gevolg deur Solly Wessels en El Matthee 47, Daan Victor en George Hunt 45, Bev Swart en Steve Muller 45, Johan Coetzee en Sextus Neethling 44, Leon Hattingh en Neil Harrison 42, Dawie Viljoen en Piet du Toit 41, Etienne Engelbrecht en Frikkie van Eeden 41, Leon Lombaard en Wally van Coller 37 en Philip Taylor en Fanus Walters 35. Naaste aan die penne was Piet du Toit op no’s 2 en 11 en Sextus Neethling op no’s 8 en 17. Danie van Zyl teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 17.

Woensdag se sloegterskompetisie is gewen deur Pierre Pieters met 38 punte, gevolg deur Daan Victor 36, Sextus Neethling 36, Solly Wessels 36, Leon Lombaard 35, George Hunt 34, Etienne Engelbrecht 33, André Roos 33, Bev Swart 31 en Steve Muller 30.  Spog Twee’s word deur Solly Wessels (2), Etienne Engelbrecht (11) en Daan Victor (17) aangeteken. Naaste aan die penne was Piet du Toit op no’s 2 en 11 en Sextus Neethling op no’s 8 en 17. Leon Lombaard wen die Boerpotputjies op no’s 2, 13 en 17.

Vrydag se OK Foods 9-putjie kompetisie is gewen deur George Hunt met 22 punte, gevolg deur Solly Wessels 20, Johan Pieterse 20, Leon Lombaard 19, André Roos 18 en Johan Coetzee 18.  Solly Wessels teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11 en André Roos was die naaste aan die pen op no 17.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Houespel.

Liga:  Die Ligaspan speel Saterdag op Riviersonderend en word alle sterkte toegewens. Die Ligaspan lê tans vierde in die Voorgee Ligakompetisie.

Johan Coetzee
082 878 0534
gbgholf@gmail.com

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...