Spaar jouself onnodige koste

Spaar jouself onnodige koste

Gansbaai Courant

Heeltemal onnodig om enigiemand daaraan te herinner hoe belangrik onderhoud is  --  op enige denkbare terrein, indien jy jouself later heelwat kostes en ekstra werk wil  bespaar. Veral indien ‘n boot aangeskaf word en in goeie toestand is, is die neiging om net die broodnodigste te doen aangesien die onderhoud nogal ‘n aansienlike bedrag kan beteken.

Ek dink dis nodig om op ‘n paar aspekte te wys wat wel die belangrike aandag moet kry, want dit kan baie drama veroorsaak.

‘n  Goeie voorbeeld in hierdie verband is die wiellaers van jou bootsleepwa. Onthou dat die arme ding gereeld met seewater in aanraking kom en anders as ‘n sleepwa op ander terreine is die kanse groot dat roes en seewater baie skade kan veroorsaak. Die groot geheim hier is om toe te sien dat die seël wat gebruik word goed pas en hopelik die seewater vir ‘n redelike tydjie sal uithou. Indien jy een of ander tyd ‘n geraas by een van die wiele gewaar, is dit reeds te laat. Maak liewer kort-kort seker dat die ghries in die wiellaers nog voldoende is.

Dis baie logies dat  jou buiteboordmasjiene gereeld nagesien word en in 'n goeie toestand bly. Indien jyself hierna kan omsien is ‘n groot probleem opgelos.

Dis natuurlik verkieslik dat ‘n betroubare en professionele  persoon hierdie werk doen wat sal verseker dat jy met vertroue kan see toe gaan, maar dis ook baie duur en indien jyself bevoeg is om die werk te doen, kan dit baie goedkoper wees. Nie almal is behoorlik hiertoe in staat nie en dit sal wys wees om een of ander tyd professionele hulp te verkry. Onthou tog om jou ratkaste se olie op ‘n gereelde basis aan te vul.

Die ander goed wat nogal onverwags probleme kan veroorsaak, indien jy nie gereeld daarna oplet nie, is jou GPS en dit kan baie lastig en selfs gevaarlik wees. Indien jou kragdrade nie behoorlik ge-koppel is nie, veroorsaak verwering en nattigheid gou dat dinge nie reg loop nie. Die een manier om darem redelik seker te maak dat daar nog nie ‘n probleem is nie, is om wanneer jy “go to” (na ‘n plek gaan volgens die koördinate) jy wel op die presiese bestemming uitkom. Gereeld! Soos almal seker weet dui jou pyltjie nie dadelik die regte rigting aan nie. Wanneer dit die slag langer neem as gewoonlik, oppas!

Dis maar ‘n paar dinge wat groot probleme kan veroorsaak.

Op ‘n ander tyd sal ek nog hoofbrekens behandel. Onthou  seewater is nie pelle met olie en ghries nie.

Groete,
Seemeeu

Spaar jouself onnodige koste

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant