Die mites oor supermammas - wen die boek

Die mites oor supermammas - wen die boek

Gansbaai Courant

Die swangerskaptoets wys twee strepies.  Die nuwe baba is op pad.  Dit is die begin van die wonderlikste tyd van jou lewe. Of is dit…?

Swangerskap en kinders grootmaak is beslis nie altyd maanskyn en rose nie.  Daar is verskillende vorms van poefdoeke om mee rekening te hou – van die spookdoek tot die rosyntjiedoek.

Daar is die borsvoedbrigade en die bottelbrigadiers wat probeer om hul sienings op jou af te dwing.  En tussendeur alles sukkel jy met die nare newe-effekte van swangerskap: spatare, sooibrand, poedingbrein en ‘n seksdrang wat iewers tussen die spoegdoeke en steriliseerders verdwyn het.

Dit is nie kinderspeletjies om ‘n superma te wees nie, maar as jy die stryd aanpak gewapen met ‘n doeksak vol humor (en soms ‘n glas wyn) word dit die avontuur van ‘n leeftyd.

Die boek Superma (en ander mites), geskryf deur Chantelle de Wet is ‘n realistiese, eerlike en heerlik humoristiese blik op die uitdagings van ma wees – en ‘n viering van daardie klein, perfekte oomblikke wat ouer-skap die moeite werd maak.

Die skrywer is die ma van twee woelwaters, ‘n onderwyser, ‘n motiveringspreker en skrywer van toesprake, skoolhandboeke, kortverhale en blogs.

Sy glo as die blink kant nie bo is nie, vryf die kant wat bo is blink!

Helen Schoër, redakteur van Baba en Kleuter, som Superma (en ander mites) se outeur in kort op: “Chantelle is eerlik, intelligent, snaaks en vol oneerbiedige opinies oor ouerskap.”

Hierdie sagtebandboek wat deur LAPA Uitgewers versprei word, kan vandeesweek deur een van ons lesers gewen word deur die volgende vraag te antwoord:

Hoeveel restaurante adverteer Moedersdagetes in hierdie week se uitgawe van die Gansbaai Courant?

Sms die antwoord, jou naam en van na 082 561 8655 voor of op 15 Mei.

Die mites oor supermammas - wen die boek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant