Die voorreg om 'mamma' te word

Die voorreg om 'mamma' te word

Gansbaai Courant

Dit is ‘n voorreg en ‘n seën om ‘n kind in die wêreld te bring.

Met die oog op Moedersdag het Gansbaai Courant vandeesweek met ‘n gesoute, talentvolle en baie besige jong mamma van Franskraal gaan gesels ná die uitsonderlike geboorte van haar 8 weke oue baba.

Sonja Walker, is in Gansbaai bekend as die mamma met die kamera om haar nek by atletiek- en sportbyeenkomste en ook as die dorp se kleuterskool- en gesinsfotograaf.

Sonja is ‘n hardwerkende omgeemens.  Verlede week, het sy ‘n gesin gaan afneem met die 7-weke oue Jana wat rustig teen haar ma se bors in ‘n kangaroosak nestel terwyl sy werk met haar twee ouer kinders, Anja (8) en Jano (5) wat woeilig om haar rondspeel.

Dit is nie hoe hierdie professionele vrou, met ‘n gevestigde handelsnaam in die Kaap – Captured Photography - normaalweg te werk gaan nie, maar hierdie was ‘n ‘gunsie’ en sy het geen ander keuse gehad as om haar kroos saam te neem nie.

Hoewel Sonja deesdae in die eerste plek ‘ma’ is, het sy reeds sedert 2012 professioneel begin werk as hoofsaaklik trou- en leefstylfotograaf.

Geboortefotografie

… maar Sonja het ma-wees ontdek en daarmee saam die totale afwagting en ontwikkeling van ‘n nuwe lewe en die wonder van ‘n eerste asemteug by geboorte – vandaar die naam van haar fotografiebedryf:  First Breath Captured.

Sonja is ‘n geregistreerde lid van die International Association of Professional Birth Photographers en ook lid van die Winelands Birth Photography Association.

In 2014 het sy die voorreg gehad om as fotograaf deel te wees van ‘n watergeboorte – en sy het besef dat dit is hoe ‘n baba in die wêreld gebring  behoort te word en wou dit met alle mag self ervaar en die wonder daarvan met veral jong egpare deel wat ‘n gesin beplan of wat reeds swanger is. Hoewel Sonja en haar man Tony reeds twee kinders gehad het wat in ‘n hospitaal gebore is en eintlik besluit het dat hul gesin volledig is, het hierdie geboorteproses haar so vasgevang dat sy besluit het – nóg ‘n baba moet vir die Walker-huishouding gebore word!

Vroedvrou

Sonja se pad het met dié van Debbie Engelbrecht, ‘n professionele vroedvrou van Hermanus, gekruis.  Swanger vroue kan gerus Debbie se Facebook-blad ‘The Birth Woman’ opsoek of haar skakel by 082 500 2218.

Vir die swanger Sonja was dit die beste ding wat ooit met haar kon gebeur!

Debbie het haar oor die volle tydperk van verwagting bygestaan met voorgeboorteklasse, praktiese raad en wenke.

Dit was 02:00 Maandagoggend, 13 April 2017, toe Sonja vir Tony wakker maak en sê dat hul baba oppad is. 

Die datum is besonders aangesien dit ook Tony se ma, Alta se verjaardag is.

Tony en Sonja het vooraf besluit dat hul kinders deel gaan wees van hul nuwe sussie se aankoms in die wêreld.

Hoewel Tony, die eienaar van Walkerbay Engineering, moes gaan werk, was almal rustig tuis en het op Debbie se koms van Hermanus afgewag.

Watergeboorte

Watergeboorte neem die vrees, pyn en druk op die ouers, wat met ‘n normale geboorte gepaardgaan, uit die geboorteproses.

Lees gerus Sonja se blog: Overbergbirth photographer en besoek haar Facebook-blad First Breath Captured Photography waar sy die hele proses beskryf en haar vroedvrou hartlik bedank vir die pad wat hulle saam kon stap asook die wonderlike vriendskapsband wat tussen hulle ontwikkel het.

Aangesien Sonja ‘n geboortefotograaf is, was dit haar natuurlike keuse om haar vriendin Jeanre du Plessis te vra om die geboortefoto’s te neem.

Spesiale aanbod

Om die wonder van ma-wees te vier, bied Sonja ‘n spesiale Moedersdagpakket aan van 50% korting op al haar voorgeboorte- en geboorte-fotosessies. 

Sonja is geregistreer om hierdie foto’s in hospitale en tuis te doen, vir sowel normale geboortes as keisersneë.  Die spesiale aanbod is geldig tot einde Mei

Sonja se normale pakket sluit in:  alle foto’s wat geneem word tydens die fotosessie word geredigeer en op ‘n DVD verskaf, ‘n komplimentêre swangerskapsessie wanneer ‘n geboortesessie bespreek word, fotoboeke en poskaarte om die geboorte aan te kondig.

Skakel Sonja by 074 422 0227. 

Besoek haar webwerf: www.capturedphotography. co.za.

Webwerwe en Facebookblaaie kan sonder ‘n gesukkel op die nuwe app:  My Town Hub gevind word.  Laai die app gratis af op GooglePlay of iStore en kies Gansbaai op die indeks – druk  Directory en vind Captured Photography sowel as First Breath Captured.

Die voorreg om 'mamma' te word

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant