Gansbaai Courant

Blog: Solly Wessels palm houespel in

Published: 18 May 2017
By:Gansbaai Courant

Saterdag se Houespel se trotse wenner was Solly Wessels met 68 net, terwyl hy ook een van die spelers was wat ‘n Spog Twee aangeteken het. Solly is gevolg deur Malcolm Bury 68, Jan le Roux 70, Dickie de Kock 74, Etienne Engelbrecht 75, Andrè Roos 75, Steve Muller 75, Neil Harrison 76, Leon Lombaard 83 en Piet du Toit 84. 

Naaste aan die penne was Leon Lombaard op no’s 2 en 11 en Steve Muller op no’s 8 en 17.  Spog Twee’s word aangeteken deur Solly Wessels (2), Dickie de Kock (17) en Steve Muller (8).

Woensdag se Sloegterskompetisie is gewen deur George Hunt met 44 punte, gevolg deur Sextus Neethling 41, Hugo Groenewald 39, Bev Swart 39, Solly Wessels 34, Etienne Engelbrecht 34, Johan Coetzee 34, Neil Har-rison 32 en Steve Muller 31. Piet du Toit teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 2.  Naaste aan die penne was Piet du Toit op no’s 2 en 11 en George Hunt op no 15.

Vrydag se OK Foods 9-putjiekompetisie was ‘n  enkel Stableford formaat en die wenner was George Hunt met 20 punte, gevolg deur Leon Hattingh 20, Solly Wessels 19, Dickie de Kock 18 en Etienne Engelbrecht 18.

Liga:  Die Ligaspan verloor 5/1 teen Riviersonderend Gholfklub.

Die volgende wedstryd is op Gansbaai Gholfklub se veld teen Swellendam op 27 Mei 2017.

Kompetisies vir Meimaand is: Saterdag, 13 Mei - ‘n  Enkel Stableford; Saterdag, 20 Mei - ‘n 4BBB Stableford; Saterdag, 27 Mei – ‘n Bonus Bogey.

Johan Coetzee, 082 878 0534

gbgholf@gmail.com

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...