Skoolhoofde geskommel

Skoolhoofde geskommel

Gansbaai Courant

Tommy Volkwyn, Gansbaai Primêr se skoolhoof, is deur die Departement van Onderwys versoek om met ingang van 1 April 2017 as waarnemende skoolhoof, of te wel “Care Taker”, by Masakhane Primary School op te tree. Hierdie pos sal hy tot 31 Desember vanjaar vul, in afwagting van ‘n permanente aanstelling deur die departement.

Daarna sal Tommy na Gansbaai Primêr terugkeer.

Hierdie toedrag van sake het tot gevolg gehad dat Gansbaai Primêr se adjunkhoof, Neil Pedro, die leisels as waarnemende skoolhoof tydens Tommy se afwesigheid oorgeneem het.

In Neil se plek neem Anine Volkwyn as adjunkhoof waar en Hilton Temmers as departementshoof: Intersen.

Masakhane Primary School se voormalige skoolhoof, Maxwell Mdini, het ‘n pos as skoolhoof in die Kaap aanvaar.

“Masakhane Primary School het reeds gedurende Maart vanjaar na die nuwe laerskool in Masakhane oorgetrek,” het Tommy gesê. “Ek beskou hierdie aanstelling as ‘n baie groot uitdaging totdat ‘n permanente skoolhoof hopelik met ingang van 1 Januarie 2018 aangestel sal word en ek weer na Gansbaai Primêr sal terugkeer.”

Ultramodern

Die nuwe laerskool in Masakhane lyk byna soos ‘n universiteitskampus en is in alle opsigte ultramodern. Die terrein beskik selfs oor ‘n boorgat vir eie waterverbruik, asook plafonne wat so vervaardig is dat die klaskamers nie koud kan word nie.

(Lees meer oor die nuwe spoggebou in Gansbaai Courant se volgende uitgawe.)

In kort het Tommy die volgende hoofdoelwitte in sy nuwe hoedanigheid aan homself gestel, behalwe vir die normale dag tot dag bestuur van die skool: daadwerklike pogings om die bestaande curriculum te verbeter; uitbreiding van die skool se buitemuurse program; hulpverlening met die aanstelling van die korrekte kandidaat as skoolhoof deur die nodige insette te lewer; om die skool beter te bemark.

Skoolhoofde geskommel

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant