Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Afrigting vir hulpafrigters
Ses Franskraal rolballede het Vrydag, 22 Mei 2017 ‘n afrigtingskursus deurloop om as hulpafrigters, Vlak A te kwalifiseer.
Die kursus is deur Marina van Wyk van Swellendam aangebied. Marina is ‘n geakrediteerde nasionale afrigter van Rolbal Suid-Afrika.
Die kursus het veral op die volgende gefokus: balhantering, korrekte staanposisie, balaflewering en spelroetine.
Die kandidate het geleentheid gekry om mekaar se balaflewerings te beoordeel en foute te korrigeer.
Wenke is ook verskaf oor asemhaling, konsentrasie en fokus - en dit was sommer ook ‘n aangename en gemaklike spanbougeleentheid.
Nuwe lede is welkom om by Franskraal Rolbalklub aan te sluit. Die kontaknommer is 082 468 8765.
Besigheidstoernooi
Die jaarlikse besigheidstoernooi tussen verskillende sakeondernemings het in ‘n goeie gees, maar met groot opgewondenheid plaasgevind.
24 spanne het oor ‘n tydperk van 4 weke deelgeneem. Uiteindelik het die span van J&A Sementwerke gewen, met Eldo as kaptein saam met Theo, Arrie en Karlo en Arhcie Chambers as spanbestuurder.
Wenners speel in Worcester
Die besigheidstoernooi se wenspan het Saterdag, 20 Mei 2017 in Worcester gaan deelneem waar 18 spanne van verskeie Boland Rolbalklubs deelgeneem het.
J&A Sementwerke van Franskraal het baie goed in die kompetisie gevaar.
Die spelers het die dag baie geniet en goeie vriendskapsbande is gesmee.
Worcesterklub het uitgehang om almal met brood en beskuit voor wedstryde tuis te laat voel.
Die dag is afgesluit met prysoorhandigings, ‘n braaivleis en lekker wedstrydgeselsies.
Die spelers sien gretig uit na volgende jaar se besigheidstoernooi.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...