Naamlose hardebaard

Naamlose hardebaard

Gansbaai Courant

Vir die wat  resorteer onder “ouer mense” en al ’n pad saam met die Hardebaarde geloop het, sal dit glad nie snaaks wees om te verneem van hierdie manne se baie fasette nie.

Dit was nie vreemd om te hoor dat jy nie sukkel met hulle nie en as daar die slag pêrre kom, liewer ‘n ander pad te loop dat hulle maar self die ding uitsorteer. Is dit nie maar die doodgewone ou se idee van hoe ‘n man moet wees nie? Hierdie ouens het, wanneer daar die dag see toe gegaan word, blykbaar nie nonsens verdra nie en ook nie sommer ‘n ander man se draadwerk gevat nie.

Ons praat darem van ‘n paar jaar terug toe Gansbaai nie so woelig was nie en die Hardebaarde koning gekraai het.

Intussen het ouderdom ‘n verskil gemaak en ook die feit dat van hulle nie meer saam met ons is nie.

Van die ouens is darem nou ook nie so oud nie en as jy oplet sal jy hulle wel raaksien.

Kyk maar vir daardie reguit kyk  en daar is die houding wat jou, wanneer dit nodig blyk te wees, liewer om die man laat loop.

Jy kan dit maar glo, hierdie ouens soek nie vir nonsens nie, maar sal tersefdertyd ook nie sommer anderpad kyk nie. Laat die ouderdom nie vir jou bepalend wees nie, menige ou het hom al self hiermee verneuk. Maar glo my, van hulle is nog met ons en gaan nog vir ‘n lang ruk hulle ding doen.

Ek wil graag, sonder om name te noem, een van hierdie Hardebaarde as voorbeeld noem.

Die eerste keer toe ek hom ontmoet het, het hy op die hawe in sy bakkie gesit en see in getuur. Ek het nader geloop en gevra of die manne darem vis vang. Mos nie ‘n snaakse vraag nie! Hy het sy kop so stadig na my gedraai en ontkennend geantwoord.

Toe volg ‘n paar woorde wat ek eers in die woordeboek moes gaan naslaan en dit alles net omdat ek nie geweet het die vis is so min nie.

Maar hy was nie werklik kwaad nie, ons het tog lekker gesels, hoewel ek heelwat versigtiger was!

Ek het hom later baie beter leer ken.

‘n Beter skipper sal jy nie kry nie en ek sal hom altyd beskou as iemand wat ek, of enigiemand anders, jou lewe op see aan kan toevertrou. Ek het eenkeer by Franskraal op die wal gesit en hom dopgehou hoe hy met sy boot in baie rowwe water probeer kabeljou vang.

Ek het ook baie by hom geleer. Op my vraag hoe hy met die weer so onstuimig nog steeds Holbaai toe gaan, het hy vir my uitgewys op watter kol by die hawe die water tog kalmer is en  hy daarom weet dis veilig vir hom en sy bemanning. Hierdie manne moet jy waardeer.

Groete,

Seemeeu 

Naamlose hardebaard

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant