Gansbaai Courant

Blog: Wen wyne met ellelange toekennings

Published: 15 June 2017
By:Gansbaai Courant

Een leser staan‘n kans om vandeesweek ‘n geskenkpak met 3 gesogte bottels wyn van die Wildekrans Wynlandgoed te wen.

Die wyn is ‘n bottel 2013 Pinot Noir Barrel Select Reserve, ‘n 2013 Chenin Blanc Methode Cap Classique en ‘n 2014 Cape Blend Barrel Select Reserve.

Al 3 wyne het nie minder as 5 toekennings ingepalm, waaronder ‘n platinum toekenning van die SA Wine Index, ‘n internasionale silwertoekenning van die Michelangelo International Wine Spirits Awards en die 2017 Platter’s toekenning van Diners Club International.

Voorwaar ‘n geskenk wat enige wynliefhebber sy agtertande voor sal gee!

Antwoord die volgende vraag en sms u naam en van en die antwoord na 082 561 8655 voor/op 12 Junie. Die beoordelaars se beslissing is finaal.

Die vraag: Wat is Wildekrans Wynlandgoed se wynmaker se naam en van?

Die wenner van die LAPA geskenkboek:

Superma (en ander mites) deur Chantelle de Wet in ons vorige Leserskompetisie is: Mercia van Rensburg van Franskraal.

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...