Water is steeds min - doen meer met min

Water is steeds min - doen meer met min

Gansbaai Courant

Die ergste droogte wat die Wes-Kaap in die afgelope 95+ jaar beleef, wys dat water nie ‘n gegewe is nie.

Tydens verlede week se waterberaad by Goudini, het kundiges uitgewys dat, met klimaatsverandering en demografiese verskuiwings in die land, die Wes-Kaap die volgende twee dekades 30% minder water gaan hê as waaraan die provinsie gewoond is.

Dit beteken water wat deur die ekologie, landbou, stede en dorpe gedeel moet word,  anders benut moet word om meer gedoen te kry met minder water.

Wat die huidige droogte-krisis betref: sou die damme aan die einde van hierdie reënseisoen net 30% vol wees, gaan die Wes-Kaap volgende jaar ‘n groter krisis hê as wat tans die geval is; sou die damme net 50% vol wees, gaan die huidige krisis homself net herhaal.

Die Wes-Kaap het nodig dat die damvlakke aan die einde van die komende reënseisoen op minstens 85% staan.

Die droogte is nie gebreek wanneer ‘n dam vol is nie. Aquafers en grondwatervlakke is laag en moet eers aangevul word, daarom is etlike seisoene se reën, sneeu en koue nodig om terug te kom in ‘n gemaklike situasie.

Die uitwerking in die Wes-Kaap op langtermyngewasse wat vir produksie van water afhanklik is, gaan ‘n ekonomiese knou vir daardie gewasse wees, wat ‘n domino-uitwerking gaan hê op investering, werkskepping, voorsiening aan die waardeketting en ekonomiese groei.

Dit wys weer eens dat die land ‘n dringende waterplan nodig het wat nie polities gedryf word nie, maar wat ekonomies gedryf word vir ekonomiese groei en wat rampe soos vloede en droogtes sal kan bestuur.

Agri Wes-Kaap doen ‘n dringende beroep op elke landbouprodusent, plaaswerker, landelike bewoner en stedeling om saam te werk om ons skaars waterbronne te bestuur en saam deur die krisis te kom sodat die Wes-Kaap weer vooruit kan gaan.

Water is steeds min - doen meer met min

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant