Legio jeugprojekte het u hulp nodig

Legio jeugprojekte het u hulp nodig

Gansbaai Courant

Ikamva Jeugontwikkeling en Rekenaarsentrum se vele projekte, hoofsaaklik onder die jeug, het al legio geword.

Ikamva is ‘n Xhosa-woord wat “die toekoms” beteken en dít is presies waarop daar gefokus word - die toekoms van die jeug. Die dryfveer agter Ikamva is Yolande Sauls, wat ook een van die stigterslede is. Yolande is ook ‘n geordende pastoor in haar gemeente, Kingdom of God Ministry International (KOGMI).

Ikamva se bestuur vra nou weer die gemeenskap en sakelui se ondersteuning vir bepaalde projekte.

Projekte wat tans geloods word en waarvoor ondersteuning benodig word, is Dwelmvoorkoming, Tuisversorging (Home Based Care), Nasorgskool en Crèche (Early Child Development) (ECD).  “Ons doen ‘n beroep op die gemeenskap en besighede om by enige een van hierdie projekte in te skakel,” sê Yolande. “Ons vra dat u u harte sal oopmaak, veral by Vroeë Kinderontwikkeling waar die nood hoog is en dit staan almal vry om ook van hierdie dienste gebruik te maak.”

Ikamva bestaan reeds sowat 12 jaar en lewer effektiewe dienste in die onderskeie gemeenskappe. Hulle spog met professionele bestuurslede wat aan die stuur van sake staan.

Aanvanklik het Ikamva net in Blompark onder die jeug gewerk, maar mettertyd het hul fokus verskuif na die Groter Gansbaai, Beverley Hills, Masakhane, Pearly Beach, Stanford, Buffeljachts en Baardskeerdersbos.

Ikamva se hoofdoelwit troon soos ‘n ligstraal uit: die bemagtiging van die jeug en vroue, asook die bekamping van alle vorme van misdaad soos perlemoensmokkel, dwelm- en alkoholverslawing, tienerswangerskappe en ander misdade onder die jeug.

Legio jeugprojekte het u hulp nodig

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant