Kwiltersgilde kuier saam met stigters

Kwiltersgilde kuier saam met stigters

Gansbaai Courant

Dit was 'n nostalgiese, maar baie interessante byeenkoms waar die stigterslede van Overberg Kwiltersgilde hul herinneringe met lede gedeel het.

Nie net was dit lekker om van die “ou” dae te vertel nie, maar ook om van hul vroeër jare se werk aan lede te kon wys.

Die gewaardeerde besoek deur die stigterslede is deur die huidige voorsitter, Olga Kuschke gereël.

Die Overberg Kwiltersgilde is op 14 Augustus 2000 in Kleinmond gestig, met 3 kwiltgroepe van die Overberg wat daar byeengekom het: Die Fynbos-groepie van Hermanus, die Stanford-groepie en die Lieflappers van Kleinmond.

Die eerste komitee is dieselfde dag nog saamgestel: Lubi Koorts (voorsitster), Beth Korevaar (vise-voorsitster), Sue Prins (sekretaresse), Cynthia Johnston (tesourier), Ann du Plessis (nuusbriefredaktrise), Kinnie Schutte (sameroepster), Di Fraenkel (werkswinkel-organiseerder) en Isa Wilmont (opleiding).

Ledegelde was in daardie stadium ‘n skrale R50 per jaar en besoekers kon teen R20 'n vergadering bywoon.

Sewentien jaar later, op 20 Maart 2017, is die stigterslede wat beskikbaar was, deur die Gilde genooi om hul herinneringe van weleer met die lede te kom deel, wat ‘n gewaardeerde en interessante gebeurtenis was.

Overberg Kwiltersgilde gaan steeds van krag tot krag.

Pragtige gekwilte items word gemaak, gereelde werkswinkels word aangebied en 'n kwiltuitstalling word jaarliks gehou.

Die groep vergader op ‘n maandelikse basis, met  gassprekers wat deurentyd met nuwe interessanthede vorendag kom.

Tydens die byeenkomste is daar ook laslapwinkels, verskeie leersame demonstrasies, 'n "Show and Tell" en 'n biblioteek vol kwiltboeke. Besoekers en nuwe lede is altyd welkom. 

Kwiltersgilde kuier saam met stigters

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant