Bietoubossers en hul boedels

Bietoubossers en hul boedels

Gansbaai Courant

Die blote gedagte aan geliefdes wat tot sterwe kan kom, is soms sò met emosie gevul, dat die belangrike onderwerp van boedels en verwante dokumentasie vermy word.

Die Bietoubossers het tydens hul Mei-maand byeenkoms in die NGK se Kleinsaaltjie van die belangrikheid van boedeldokumentasie verneem. “Ons was ietwat verslae by die aanhoor van hoeveel dokumente vooraf gereed gehou moet word en dat alles nie net oor ‘n geldige testament gaan nie,” het Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai gesê.

Steve Serbon van De Kelders het as gasspreker opgetree. “’n Geldige testament, die oorspronklike sterftesertifikaat en die oorspronklike identiteitsdokument van die oorledene is vanselfsprekend van groot belang,” het Steve gesê. “Daar is egter nog bykans 30 dokumente en gesertifiseerde afskrifte van dokumente wat in gedagte gehou moet word.”

Enkele voorbeelde is gesertifiseerde afskrifte van huweliksvoorwaardekontrakte, titelaktes van eiendomme, munisipale rekeninge, huurkoopkontrakte, bankstate, telefoonrekeninge en selfs van TV-lisensies om maar net ‘n paar te noem. Steve het ‘n volledige lys van boedeldokumentasie aan die dames beskikbaar gestel wat hulle onder mekaar versprei het.

Na die insiggewende aanbieding deur Steve oor “minder aangename”, maar noodsaaklike inligting, is daar saamgekuier soos net die Bietoubossers dit kan doen.

Sosiale media

Elizma het in die klub se nuusbrief na vele positiewe, maar ook negatiewe op-en-aanmerkings op Facebook, Twitter en ander sosiale netwerke verwys, waar daar soms oorhaastig opmerkings kwytgeraak word wat baie skade kan berokken.

Haar gepaste aanhaling van ‘n African Proverb, laat ‘n mens diep dink. Dit lui soos volg: “The owl is the wisest of all birds, because the more it sees the less it talks!”

Bietoubossers en hul boedels

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant