Omgekrapte see knip boothengel kort

Omgekrapte see knip boothengel kort

Gansbaai Courant

Verlede Saterdag se ontstuimige see, wat  vroegoggend deur lede van die Birkenhead Boothengelklub aangedurf is, se tydjie op see is so teen 12:00 deur die wedstrydsekretaris, Jean Downing, kortgeknip: “Nee-wat manne, vergeet maar van die gewone lyne op en inweegtyd en kom terug, die see raak nou te rof!”

Ondanks die verkorte tyd, was die vangste nie te swak nie.

Net 3 van die 5 bote wat ingeskryf het, het ingeweeg. Die bemanning het 14 getel, waarvan 1 ‘n junior was. 4 spesies is ingeweeg, waarvan die belangrikste silwervis was. Die totale aantal vis was 56, met 'n totale massa van 43.85kg, wat ‘n gemiddeld van 3.13kg per hengelaar beteken.

Die volledige uitslae is soos volg: swaarste vis (silwervis, 1.25kg), Bertus Prins; 2de swaarste vis (silwervis, 1.15kg), Hennie Groenewald (junior); swaarste sak (6.95kg), Danie Fourie; 2de swaarste sak (6.35kg), Jean Downing; swaarste bootgemiddeld (5.64kg), Relêks van Jean Downing; 2de swaarste bootgemiddeld (5.16kg), Oupa van Ben Uys; Junior swaarste sak (4.75kg), Hennie Groenewald.

Hierdie kompetisie was die 7de boothengelkompetisie vir 2017 en die eerste drie voorlopers in die onderskeie kategorieë is:  Bootkampioene - Oupa (34.05kg) van Ben Uys, Relêks (21.86kg) van Jean Downing en Bella Me (16.28kg) van Bev Swart; Mans Visvangkampioene - Danie Fourie (40.80kg), Ben Uys (35.45kg) en Jean Downing (27.30kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (29.7kg) en JP Uys (17.0kg).

Omgekrapte see knip boothengel kort

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant