South West Condor land byna-byna op seebodem

South West Condor land byna-byna op seebodem

Gansbaai Courant

Die buitengewone sterk stormwinde van Woensdag, 14 Junie 2017, het skade in die omgewing aangerig.

So ook is die vissersboot, die South West Condor van Bertie Ramsauer (Dyer Eiland Visserye), byna seebodem toe gestuur.

Charl Tredoux was die eerste wat gesien het die boot is besig om los te ruk en dit aan Dyer Eiland Visserye gerapporteer.

‘n Groot span vrywilligers, wat spesiaal op bladsy 17 van hierdie uitgawe bedank word, het ingespring om te help.

Die span het vanaf ongeveer 17:30 onverpoos deur die nag geveg vir die behoud van die boot.

Eers teen ongeveer 07:30 die volgende oggend is dit veilig vasgemeer.

Die South West Condor was, soos die gebruik is, stewig in die nuwe hawe aan twee vasmeerblokke (“mooring blocks), geketting.

Hierdie blokke, wat sowat 10 ton elk weeg met ‘n mate van 2.4m x 1.4m, lê op die bodem van die hawe.

Behalwe die dik kettings is daar nog drie toue so dik soos ‘n koffiebeker se ronding wat ook met die vasmaakproses gebruik word.

Die voorste vasmeerblok se ketting is met brute geweld afgebreek, asook die drie dik toue.

Daarna is die boot deur die sterk stroom water na die nuwe hawe se ingang meegesleur - met ‘n slepende anker, asook die 10 tonner agterste vasmeerblok, wat saamgesleep is.

Buite die hawe is die boot met toue en die hulp van vrywilligers “gevang” en aan die buitemuur van die kaai, waar die Pelagiese bote vasgemeer is, vasgemaak.

Met die hulp van die span wat opgedaag het, kon die  agterste vasmeerblok  wat saamgesleep is losgemaak word.

“Die uitgekalwerde onderkant van die nuwe hawemuur is gereeld gedurende stormtye ‘n groot probleem,” het Bertie gesê.

“Dit veroorsaak ‘n geweldige sterk stroom in die rigting van die nuwe hawe se ingang wat ‘n boot soos hierdie met gemak kan meesleur.”

South West Condor land byna-byna op seebodem

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant