Melvyn Knox maak spontaan musiek

Melvyn Knox maak spontaan musiek

Gansbaai Courant

Die 74-jarige Melvyn Knox is ‘n spontane musiekmaker.

Alhoewel hy ‘n hele klompie musiekinstrumente kan bespeel, is die harmonika sy gunsteling, omdat hy “ander sleutels het.”

Ons kuier aan tafel by Franskraal Rolbalklub, waar hy bydra tot die geselligheid van die aand met sy veelsydige ‘bekfluitjie’ - die harmonika.

Melvyn vertel dat musiek, sang en dans hom al in ver lande besorg het.

Hy het in Bloemfontein onder andere saam met wyle Gé Korsten opgetree en was in 1964 3 maande lank oorsee waar hy aan internasionale volkspelekompetisies deelgeneem het.

Hoewel hy eers op 47-jarige ouderdom en na 22 jaar se skeiding met sy buurmaatjie, Colleen getroud is, het sy al die jare na aan sy hart gelê. 

Op hierdie stadium van die geselligheid kom neem sy vrou Colleen (neé Byrne) deel aan die gesprek. 

Hulle vertel hoe hulle as kinders saam boom geklim het, ‘cowboys en crooks’ gespeel het en dat hy eintlik vir haar soos ‘n broer was.  Melvyn se ma het Colleen as ‘Kaallenie’ aangespreek omdat sy altyd kortbroeke gedra het.

Toe die twee se paaie in 1990 weer kruis, is hulle getroud en woon reeds 13 jaar in Franskraal.

Melvyn Knox maak spontaan musiek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant