Gansbaai Courant

Noue ontkoming vir sekuriteitswagte

Noue ontkoming vir sekuriteitswagte

Gansbaai Courant

Twee sekuriteitswagte het Dinsdagnag ‘n noue ontkoming gehad terwyl hulle aan diens was by die Great White Junction.

Die twee wagte, waarvan een werksaam is by Eagle Sekuriteit en die ander by Secma International Security, het in Eagle se bussie gesit, wat naby die Wimpy in die parkeerterrein van die sentrum gestaan het.

Eagle Sekuriteit se wag, Madula Zwelenkozi, wat voor in die voertuig gesit het, het skielik die loop van ‘n vuurwapen teen sy nek gevoel. Twee mans met balaklawas het langs die voertuig gestaan.

Terwyl een man Zwelenkozi aangehou het, het die ander man die wag van Secma, Koko Mseyisi laat uitklim.

Die boosdoeners het die mans met hul hande bo hul koppe in die rigting van Tops laat loop. 

Herstelwerk is op die oomblik aan die gang in die sentrum na die onlangse hewige storm wat ‘n gedeelte van die sentrum se dak laat inval het.

Die boosdoeners het van die planke uitgebreek om toegang tot die bouterrein te verkry, waar hulle die twee wagte afsonderlik met toue aan steierwerk vasgebind het.

Die rowers het die opsporingstoestel van Eagle se wag afgeneem en die wagte in Engels gemaan: “Do not move, we want to finish our work”, waarna hulle verdwyn het.

Volgens Eagle Sekuriteit se beheerkamer, kon hulle die spoor volg van die een rower waar hy om 'n onverklaarbare rede ‘n draai gehardloop het in die rigting van Masakhane en teruggekeer het via die oop erf langs Dove, na waar die sekuriteitsvoertuig gestaan het.

Zwelenkozi van Eagle het homself losgewikkel en by die branddeur van die sentrum ontvlug.

Hy het na Seaview Hotel gehardloop waarvandaan hy hulp ontbied het.

Henk Lourens, ‘n toesighouer van Eagle Sekuriteit het ‘n noodoproep van Eagle se beheerkamer ontvang en gaan ondersoek instel. 

Met sy aankoms by die sentrum het hy twee mans sien weghardloop in die rigting van die dorp. Twee skote is in sy rigting afgevuur. Hy het onmiddellik die beheerkamer in kennis gestel van die skietery en die boosdoeners agterna gesit, maar hulle het in die bosse verdwyn.

Hy het Madula gaan oplaai en oppad terug, in Dirkie Uysstraat, het hulle Mseyisi gevind, met sy hande nog steeds agter sy rug vasgebind. Hulle het hom ook opgelaai en in die biblioteekterrein gaan wag vir die polisie.

By nadere ondersoek is bevind dat daar by die Wimpy ingebreek is aan die speelterreinkant.

Die inbrekers het daardeur toegang verkry en hul spore toon dat hulle na die kantoor beweeg het. 

Alfred Viljoen, die eienaar van die Wimpy het aan ons verslaggewer vertel dat hulle  in ‘n poging om die kluise oop te breek, die elektroniese stelsel beskadig het.

Die polisie ondersoek die saak.

Buurtwagstelsel

Volgens Anneri Carstens, eienaar van Eagle Sekuriteit, wat ‘n noue verbintenis met die Groter Gansbaai Buurtwag het, het tydens ‘n onderhoud gesê dat dit tyd is dat inwoners en instansies hande vat en saamwerk teen misdaad, aangesien daarsonder geen kans van verweer is teen die meer georganiseerde misdaad wat nou in ons midde is nie.

Die Groter Gansbaai Buurtwag doen hiermee weer eens ‘n beroep op inwoners om in te skakel by hul buurtwagstelsels en whatsappgroepe.

Sowat 30 digitale radios word Saterdag deur AfriForum amptelik oorhandig aan die Groter Gansbaai Buurtwag, wat ‘n groot verskil aan kommunikasie tussen die betrokke partye gaan maak.

Noue ontkoming vir sekuriteitswagte

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant