Uitstaande opleiding

Uitstaande opleiding

Gansbaai Courant

Akhona Jordaan, ‘n tydelike personeellid by Gansbaai Toerisme, is weer eens ‘n voorbeeld van die deeglike interne opleiding wat by dié organisasie aangebied word.  

Akhona het onder kontrak met EPWP (Extended Public Works Programme) tydelik by Gansbaai Toerisme begin werk. Hierdie kontrak verval einde Junie vanjaar, wat weer hernu sou word. Intussen het hy vir ‘n permanente pos by Grootbos Natuurreservaat aansoek gedoen. Hy het hulle so beïndruk met sy ervaring wat hy by Gansbaai Toerisme opgedoen het, dat hy vir verdere opleiding ingeneem is, waarna hy ‘n permanente aanstelling kan kry.

“Sedert die eerste dag na my aanstelling by Gansbaai Toerisme, het ek tuis gevoel en het dit vir my gevoel asof ek die volle ses maande saam met familie gewerk het,” het Akhona gesê. “Die opleiding wat ek hier ontvang het, asook ondervinding om met mense te kon werk en my op toerisme te kon toespits, was waardevol en ek is baie dankbaar daarvoor.”

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme, het Akhona se weggaan as ‘n verlies beskou, maar gun hom die permanente aanstelling by Grootbos. Akhona het gesê hy is dankbaar vir die pos by die natuurreservaat, maar vir hom sou die “eerste prys ‘n aanstelling by “die toerismekantoor gewees het.

Glenda het reeds met die Plaaslike Ekonomise Ontwikkelingsafdeling in gesprek getree oor die aanstelling van ‘n tydelike personeellid om Akhona te vervang.

Nog ‘n klompie suksesverhaal-“verliese” vir die toerismekantoor en “winste” vir buite-instansies, is: Abraham Newman wat suksesvol in die haaibedryf aangepas het; Heinrich Jansen wat ‘n goeie pos by Gansbaai SAPD gekry het; Abegail Williams wat eweneens baie gelukkig by Gansbaai SAPD werk; Ally Msweli wat ‘n eksterne kwalifikasie as gids in die toerismekantoor behaal het.

Hy het later sy eie  besigheid, Masakhane Township Tours, gestig. Ally dien tans nog as lid op die Toerisme komitee.

Daar bestaan geen onduidelikheid oor die bekwaamheid en doelgerigtheid wat heers onder Gansbaai Toerisme se personeel onder leiding van Glenda nie.

Glenda se twee regterhande, Doulene Els, die afgelope 12 jaar en Maureen Valentine, die afgelope 4 jaar, staan steeds gereed met ‘n glimlag.

Uitstaande opleiding

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant