Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”

Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”

Gansbaai Courant

Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”  Dit was die woorde van Claudette Barnes van Baardskeerdersbos toe sy haar bankbesonderhede onlangs aan ‘n onbekende inbeller moes verskaf.

“Jammer, dit moet ‘n ‘scam’ wees en ek verskaf nie my bankbesonderhede aan vreemdes nie!”, het sy vasberade volgehou tydens die telefoonoproep wat sy ontvang het.

Claudette het al vergeet dat Jan Barnard van Bayview Meubels in Gansbaai haar gehelp het om vir ‘n Defy kompetisie te registreer nadat sy ‘n yskas/vrieskas-kombinasie daar gekoop het.

Die oproep was dus baie vreemd, maar na baie mooipratery en verduidelikings van die operateur se kant af, het sy besluit om ‘n nuwe bankrekening by Absa te open om sodoende haar persoonlike bankbesonderhede te beskerm “net ingeval iets nie reg is nie”.

So gesê, so gedaan. Claudette het die nodige vorms vir ‘n tweede rekening voltooi en haar nuwe rekeningnommer ontvang.

Sy is deur Absa meegedeel dat sy ‘n oproep te wagte kan wees sodra die rekening goedgekeur is om ‘n minimum van R50 daarin te deponeer. Dit is wat vereis word wanneer ‘n nuwe rekening by hulle geopen word.

Claudette het dadelik die rekeningnommer aan Defy deurgegee - steeds vas oortuig dat dit net ‘n slinkse storie is om haar bankbesonderhede te bekom.

Absa het haar later geskakel en meegedeel dat die rekening goedgekeur is en dat sy ‘n minimum van R50 moet inbetaal om die rekening te aktiveer.

Groot was haar verrassing toe sy met haar R50 by die bank kom en die teller haar meedeel dat die R50 inbetaling heeltemal onnodig is, aangesien daar reeds ‘n R10 000 betaling deur Defy gemaak is.

‘n Verdwaasde en baie opgewonde Claudette is toe deur Jan ingelig dat sy wel die wenner van Defy se kompetisie is.

Jan vertel dat Defy met ‘n promosieveldtog besig is waar geluktrekkings landwyd gedoen word wanneer  ‘n Defy sy-aan-sy yskas/vrieskaskombinasie aangekoop word. Met die aankoop van die produk, het die koper slegs nodig om te registreer om vir die R10 000-trekking in aanmerking te kom.

Corrie Kotze, ‘n verteenwoordiger van Defy, het spesiaal na Gansbaai gereis om die tjek aan  Claudette te oorhandig. 

Nee dankie vir R10 000, dis ‘n “scam.”

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant