Dinge gebeur in drieë by White Shark Junction

Dinge gebeur in drieë by White Shark Junction

Gansbaai Courant

Snippets Haarsalon wat totaal verwoes is toe ‘n deel van die dak van die Great White Junction afgewaai het, se deure kon Vrydag in ‘n splinternuwe lokaal in dié sentrum oopgestoot word.

Gansbaai Courant se verslaggewer het grappenderwys daarna verwys dat dinge mos in drieë gebeur en dat hulle versigtig moet wees.

“Maar die dak was die derde ding wat gebeur het,” het Chantell Gericke, eienares van Snippets gesê.

Die eerste gebeurtenis was klerediefstal by Cee Sport & Surf waar die skelm, wat toe reeds ‘n klagstaat vir sy inhegtenisname teen hom gehad het, slinks met klere by die winkel uit verdwyn het.

Die eienares, het hom agternagesit en haar arm in die proses beseer toe sy die klere wou teruggryp terwyl die skelm reeds in ‘n wegkommotor ingespring het.

Die tweede voorval was toe ‘n gedeelte van die sentrum se dak tydens die storm op Woensdag, 7 Junie ineengestort het.

Die derde voorval het verlede Dinsdagnag, 20 Junie plaasgevind toe twee sekuriteitswagte aan steierwerk vasgebind is en daar by die Wimpy ingebreek is.

Die vrolike personeel van Snippets was druk besig tydens hul eerste dag van heropening en hoog in hulle noppies met hulle ruim, nuwe haarsalon in allerlei skakerings van grys.

Dinge gebeur in drieë by White Shark Junction

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant