Internasionale kompetisie wag

Internasionale kompetisie wag

Gansbaai Courant

Gansbaai Academia se Marimba Orkeslede is genooi om op 29 en 30 Julie vanjaar aan die International Marimba and Steelpan Festival in Boksburg, Gauteng deel te neem.

Die orkeslede gaan teen 250 orkeste en meer as 2 500 deelnemers kompeteer.

“Ons sien baie daarna uit om hierdie leerders na plekke te neem wat hulle nog nooit gesien het nie en hulle opgewondenheid druk warm op almal se harte,” vertel Rialet Marais, orkesafrigter.

‘n Toer soos hierdie bring hoë kostes mee. Rialet het via Gansbaai Academia ‘n amptelike skrywe aan Gansbaai se sakelui en individue gestuur in ‘n poging om fondse vir die toer in te samel.

Geskiedenis

Gansbaai se gewilde Marimba Orkes is in 2013 deur Dion du Toit, ‘n onderwyser van Gansbaai Primêr, gestig.

Die destydse Onderwys Kringbestuurder van Overberg, Wendy Collyn, was behulpsaam met ‘n borgskap van ±R65,000 vir die aankoop van instrumente en die orkes het onder leiding van Dion van krag tot krag gegroei.

Die laerskool Marimbas spog ook met ‘n verskeidenheid van openbare optredes soos by troues, funksies, Grootbos Natuurreservaat en I&J Perlemoenplaas, asook ‘n goud+ toekenning tydens ‘n Eisteddfod kompetisie.

Gansbaai Academia

Met die oorskakeling van die graad 7’s na Gansbaai Academia het Rialet Marais in 2014 Gansbaai Academia se Marimba Orkes gestig - met slegs 4 leerders wat net 5 liedere kon speel. Onder Rialet se leiding het die orkes ook daar van krag tot krag gegroei. Verskeie optredes het gevolg, soos funksies, kerkbasaars, Funky Fynbosfees en andere. “Die orkes het baie goed gedoen gedurende die afgelope 2 jaar tydens Eisteddfod kompetisies en is altwee jare met goue toekennings beloon,” vertel Rialet. Toehoorders tydens optredes verwys gereeld na die orkeslede se goeie maniere, beleefdheid en vriendelikheid.

Belangstellendes wat graag ‘n bydrae tot die hoë kostes van deelname aan die Internasionale Marimbafees wil lewer, kan vir Rialet Marais by 072 123 0660 skakel.

Internasionale kompetisie wag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant