Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Alzheimerlyers is bekend daarvoor dat hulle graag met hul hande vroetel. Dit het sowat 8 van Overberg Kwiltersgilde se dames laat besluit om “vroetelkombersies” vir die winter te maak, wat deur Alzheimerlyers gebruik kan word. ‘n Verskeidenheid van wol- en sagte items, selfs klein teddiebeertjies, word stewig op die kombersies vasgewerk. Terselfdertyd word katoenmateriaal vir die bokant en flenniemateriaal vir die onderkant gebruik sodat dit lekker warm kan wees. “Hierdie verskeidenheid van sagte items in helder kleure, is dan items waarmee Alzheimerlyers kan ‘speel’, aangesien dit aanloklik lyk en sag, maar duidelik voelbaar is,” vertel Yvonne Joubert van die gilde. Overberg Kwiltersgilde pak jaarliks ‘n liefdadigheidsprojek aan, wat gewoonlik ‘n groot kwiltwerk is wat uitgeloot word vir fondsinsameling ten bate van ‘n liefdadigheidsorganisasie.
“Vanjaar het ons besluit om iets anders te doen en net die dames wat wou, het ingeskakel by die groepie wat die kombersies wou maak,” het Yvonne gesê. Enkele van hierdie “vroetelkombersies” word, waar nodig, in Gansbaai uitgedeel, maar die res word almal aan Lettie Theron Tehuis vir Bejaardes se Alzheimer-afdeling geskenk om dit oordeelkundig te versprei.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...