Bibberstap dra by to Marimba-uitgawes

Bibberstap dra by to Marimba-uitgawes

Gansbaai Courant

Die gulde geleentheid wat Gansbaai Academia Marimba Orkes ontvang het om aan ‘n Internasionale Marimbafees in Boksburg, Gauteng te gaan deelneem, het Gansbaai Toerisme gemotiveer om ‘n Sunset Walk ter stywing van die orkes se fondse te reël.

Kaartjies is teen R35 vir deelname aan die stap van 7 Junie 2017 verkoop, maar dit het as gevolg van stormweer nie plaasgevind nie.

Die tweede poging op Donderdag, 22 Junie 2017 het wel gerealiseer, ondanks voortgesette gure weer.

Die vorige groep se kaartjies was steeds geldig en ‘n verdere groep ondersteuners het hulle by die tweede stappoging aangesluit - ondanks fyn reën en koue het hulle die staptog hawe toe en terug aangedurf.

‘n Groep vrywilligers van Dyer Island Conservation Trust (DICT) het die staptog saam met Alison Towner, Groot Withaai bioloog van DICT, meegemaak.

By die hawe het Ally Msweli, eienaar van Masakhane Township Tours die “verkluimde” stappers ingelig oor Gansbaai hawe, die visbedryf en die varswaterfontein waar ‘n monumentjie opgerig is. 

Warm sop en brood 

Met hul aankoms terug by die toerismekantoor, is die dapper stappers met warm sop en brood ingewag, waarby Gansbaai Superspar en Gansbaai se toerismepersoneel ‘n groot rol gespeel het.

Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme het almal verwelkom en bedank vir hul deelname.

“Die ondersteuning van hierdie projek om fondse vir Gansbaai Acadia se Marimba Orkes in te samel, is fantasties ondersteun en die pragtige bedrag van R4 000 is by wyse van kaartjieverkope en vanaand se donasies ingesamel,” het Glenda gesê.

Bibberstap dra by to Marimba-uitgawes

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant