Gansbaai Courant

Blog: Solly Wessels kraai weer koning

Published: 14 July 2017
By:Johan Coetzee

Solly Wessels maak nou ‘n gewoonte daarvan om koning in gholfkompetisies te kraai. Verlede week wen hy die Sloegterskompetisie en teken ook ‘n Spog Twee aan op puntjie no 15. Hy wen ook die Houespelkompetisie, waar hy ook ‘n Arend op putjie no 16 aanteken.

Donderdag se Sloegterskompetisie is gewen deur Solly Wessels met 38 punte gevolg deur George Hunt 37, Leon Hattingh 36, Daan Victor 35, Andre Roos 35, Johan Coetzee 34, Victor Hunt 32, Wally van Coller 31, Rene Myburgh 30, Pierre Pieters 29. Naaste aan die penne was Solly Wessels op no’s 2 en 11, Daan Victor op no’s 8 en 17 en Victor Hunt op no 15. Solly Wessels teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 15.

Vrydag se OK Foods 9-putjie  kompetisie is gewen deur George Hunt met 17 punte, gevolg deur Andre Roos met 14 punte.

Saterdag se kompetisie was ‘n Houespel en die wenner was Solly Wessels met 67 net, gevolg deur Daniel van der Merwe 68, Lieb Louw 69, Andre Roos 70, Fanus Walters 71, Lambert Smit 71, George Hunt 72, Wally van Coller 72, Pierre Pieters 75, Johan Coetzee 76. Naaste aan die penne was Daniel van der Merwe op no’s 2 en 11 en ook op no 15, en Wally van Coller op no’s 8 en 17. Spog Twee’s word aangeteken deur Neil Harrison (17), Johan Coetzee (17) en Hendri Visser (8). Solly Wessels teken ‘n Arend aan op putjie no 16.

Volgende Saterdag se kompetisie is ‘n Enkel Stableford en word deur die Rookkamer geborg.

Algemene Jaarvergadering word op 24 Augustus 2017 gehou.

Recent Posts

DAFF konfiskeer 2 ru...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende per...

A huge welcome to ou...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

The Mammal Research Institute Whale Unit conducted...

James Roux se dood '...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

‘n Bekende eiendomsagent James Roux van Gans...

Hulle stap vir verlo...
Published: 04 August 2017
By: Gansbaai Courant

Twee ware Dapper Stappers, Tommy Beeslaar (48) en ...