Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Goeie werk deur konstabels Lubuzo Ntshidi en Magalani, het Maandagaand, 3 Julie 2017 daartoe gelei dat Mpendulo Dilima (32) vir die besit van heroïen in hegtenis geneem is.
Gansbaai SAPD se Kommunikasie beampte, AO Wynand le Roux, meld in ‘n persverklaring dat die betrokke konstabels ‘n verdagte voertuig by ABSA dopgehou het en daarna naby die Gansbaai Superspar kruising van die pad af getrek het. Die bestuurder het ‘n banksakkie by hom gehad. By nadere ondersoek is gevind dat daar heroïen in is en Dilima is gearresteer. Hy het reeds in die Hermanushof vir die besit van dwelms verskyn.
Huisbrake raak kopseer
Gansbaai SAPD se Kommunikasie beampte, AO Wynand le Roux, meld in ‘n persverklaring dat huisbrake wat ernstig aan die toeneem is, ‘n groot kopseer raak en dat veral Pearly Beach erg deurloop.
Inwoners word weer eens versoek om seker te maak dat alarmstelsels geaktiveer is voordat wonings verlaat word. Vensters en deure moet te alle tye toe gehou word, met of sonder die inwoners se teenwoordigheid in hul wonings.
AO Le Roux versoek ook dat inwoners hul bure en whatsapp-groepe sal inlig wanneer daar met vakansie vertrek word. Kontakbesonderhede moet ook wedersyds uitgeruil word.
Hierdie optrede is nodig in die geval van inbrake waar toegang tot wonings nodig is vir die neem van vingerafdrukke, asook om gebreekte strukture en/of vensters te kan vervang.
Verdagte persone moet summier aan Gansbaai SAPD gerapporteer word en die betrokke SAPD-lid se naam moet verkry word indien nodig vir latere verwysing.
Is jy al deel van die groep?
Gansbaai: Hugh-Daniel Grobler – 072 352 7776
Perlemoenbaai: Johan Pieterse – 082 876 7700
Add. nommer: Lawrence Badenhorst – 083 691 6504
Franskraal Buurtwag: Willem vd Merwe – 083 791 8497
Kleinbaai: Janine Taylor – 082 499 0222
De Kelders: Mark Collings – 074 465 1058
Pearly Beach: Johan du Toit – 072 627 9535
Pearly Beach Oord: Theuns Scholtz 082 379 0462
Baardskeerdersbos Plaaswag: Japie Swart 082 325 8530
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...