Tygerberg dokters vol lof vir ons kliniek

Tygerberg dokters vol lof vir ons kliniek

Gansbaai Courant

Verskeie dokters in Tygerberg Hospitaal was vol lof vir personeellede van die Gansbaai Kliniek vir die  behandeling wat ‘n Gansbaaier kort na ‘n hartaanval ontvang het. Lucas Geldenhuys van Fountainhill, het Dondag-oggend, 29 Junie ‘n ernstige hartaanval gehad. Die korrekte en blitsige behandeling wat hy van die kliniek-personeel ontvang het, het waarskynlik sy lewe gered.

“Elke dokter wat met my kom praat het, het gevra waar was ek voordat die ambulans my na hulle gebring het,” vertel Lucas. “En elkeen van hulle het na die puik vooraf behandeling verwys.”

Lucas het die dag vantevore hard gewerk in die tuin. Die volgende oggend het hy gevoel “iets is nie lekker nie”, maar dit aan die tuinwerk toegeskryf.

“Ek en my vrou, Stienie, het nog vroegoggend dorp toe gestap, maar ek het gevoel my arms is baie lam en het erge pyn in my bors begin ervaar,” vertel Lucas.

Terug by die huis het Stienie baie bekommerd geraak en wou hom na die apteeksuster neem, maar diè was reeds van diens af.

“Ek glo die Here het my na Gansbaai Kliniek laat ry, al het ek nie baie moed gehad daarvoor nie,” het Stienie gesê.

“Ek weet hoe lank die rye normaalweg is waar ‘n mens moet gaan sit en wag, maar ek het ook geweet as ek langer talm gaan ek my man verloor.”

By die kliniek het sy Lucas in die motor agtergelaat, ingestap en baie benoud gesê haar man het erge borspyn.

Volgens die egpaar het dinge baie vinnig gebeur. Daar was ook ‘n dokter aan diens en Lucas is ingebring, op ‘n bed neergelê waar daar op professionele wyse ondersoeke gedoen is en behandeling toegepas is.

Hy is gestabiliseer, maar meegedeel dat dit ‘n ernstige hartaanval is.

Die ambulans is ontbied en Lucas is na Hermanus Provinsiale Hospitaal geneem vanwaar hy dadelik per ambulans na Tygerberg Hospitaal in die Kaap geneem is.

Daar aangekom, is die nodige aandag aan hom gegee en ondersoeke is gedoen.

Vrydag, 30 Junie is die eerste stent ingeplant en Maandag, 3 Julie die tweede stent.

Lucas sterk tans tuis aan en dit gaan baie goed met hom.

Hy het die volgende gesê: “Behalwe vir die positiewe kommentaar oor Gansbaai Kliniek wat deur Tygerberg se dokters geopper is, is ek in my hart daarvan oortuig dat my lewe deur Gansbaai Kliniek se vinnige en doeltreffende optrede gered is, waarvoor ek hulle altyd innig dankbaar sal bly.”

Tygerberg dokters vol lof vir ons kliniek

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant