Gansbaai Courant

Blog: Wêreld danskampioen rig dansertjies af

Published: 21 July 2017
By:Gansbaai Courant

Lynette van Wyk van Dance Variations Co Ministry in Gansbaai is vuur en vlam op pad na ‘n professionele opvoering, Spring has Sprung, gedurende September vanjaar.

Christian Pinkerton van Hermanus, waar hy by Michelle se dansskool, New Creation, betrokke is, het ingestem om vir Lynette as Balletmeester op te tree.

Christian het as professionele danser Suid-Afrika in 2015 by die Wêreld Danskampioenskappe verteenwoordig en met ‘n goue medalje teruggekeer. Naas sy professionele dansloopbaan, is Christian ook ‘n uitstaande masseur en refleksoloog, met sy eie praktyk in Hermanus. Hy is ook 7 tale magtig: Afrikaans, Engels, Zulu, Russies, Frans, Duits en Hebreeus.

Marzhan Roux (14) van Hermanus Hoërskool, ‘n kranige netbalspeler, het haar ook by Lynette se dansertjies waarvan haar sussie, Marli Roux (6), ook  lid is, aangesluit.

Wepener van der Walt, ‘n vriend van Christian, wat vir sowat 5 jaar ‘n sirkuskunstenaar was, help Christian tydens die oefensessies.

Nog ‘n vriend van Lynette, Philip Boyd, woon van die oefensessies as eregas by.

Philip was getroud met wyle Phylis Spira, ‘n voormalige Prima Ballerina. Hy is tans die CEO van DFA (Dance for All), maar tree die einde van die jaar af, waarna hy hom permanent in Hermanus gaan vestig. 

Lynette mag maar

Lynette van Wyk se maatskappy, Dance Variations Co Ministry in Gansbaai, het geen bekendstelling nodig nie. In 2005 het sy ‘n jarelange en getroue vriend van haar, Mark Samwell van Pretoria, as haar maatskappy se direkteur aangestel.

Lynette is ‘n lid van RAD (Royal Academy of Dancing), asook van ISTDA (Imperial Society of Teachers of Dance Incorporated). Sy is ook ingelyf by die Cecchetti Society en die Federal Association of Dancing of Australasia and New Zealand. Onder die Seal of the Society at London, England Advanced Teachers and Solo Seal, het Lynette 112 Sertifikate van Erkenning vir haar 60 jaar in die Kuns van Dans en gespesialiseerde mentorskap ontvang. 

September 2017

Verder  beplan  Lynette  om ‘n  verskeidenheid van sowat 40  dansers,  met  die  hulp van Christian Pinkerton en Michelle, aan haar opvoering, Spring has Sprung, in September 2017 te laat deelneem.

Die voorlopige program bevat sowat 14 items, met ‘n verskeidenheid van dansers, balletdansers, drama en sang en selfs “ballroom dancing”.

Die opvoering, wat oor die Funky Fynbos Festival naweek val, maar deur Lynette op haar eie gereël word, beloof om ‘n unieke geleentheid vir Gansbaaiers te wees wat nie misgeloop mag word nie.

Die goeie nuus is dat alle fondse wat tydens die opvoering ingewin word, ten bate van Gansbaai Elim Huis in Kerkstraat sal wees, waar die nood vir die versorging van gestremde kinders hoog is.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...