Gansbaai Courant

Blog: Suidooster soek talent

Published: 28 July 2017
By:Gansbaai Courant

Die Suidoosterfees bied vanjaar vir die vierde keer 'n talentsoektog aan - een wat waarborg om so fantasties soos vanjaar se feestema te wees! Dit beloof om die Wes-Kaap te laat skrik vir niks en te betower soos die wilde woeste “Kaapse Dokter”.

Die Suidoosterfees Talentsoektog is opsoek na jongmense tussen die ouderdom van 9 en 25 met hope talent in die volgende kategorieë: sang, instrumentaal, dans, toneelspel, towerkuns en meer.

Groot pryse is op die spel! Dit vind vanaf 9:00 tot 16:00 plaas.

Die Suidoosterfees sal vanjaar die volgende gebiede besoek om talent op te spoor:

Frank Pietersen Musieksentrum in Paarl op 16 September 2017;

Breytenbach Sentrum in Wellington op 14 Oktober 2017;

Guga S’Thebe Kuns en Kultuur Sentrum in Langa op 21 Oktober 2017;

Die Magnet Teater in Observatory op 28 Oktober 2017;

The Stage in Bellville op 4 November 2017.

Die SOF Talentsoeksemifinaal vind plaas op 10 Maart 2018 by die V & A Waterfront en die finaal word tydens die jaarlikse Suidoosterfees (26 April - 1 Mei 2018) in Kaapstad aangebied.  Inskrywingsvorms is beskikbaar op Suidoosterfees se webtuiste.

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...