DAFF konfiskeer 2 rubberbote

DAFF konfiskeer 2 rubberbote

Gansbaai Courant

Na aanleiding van die gereelde klagtes rakende perlemoenstropery wat deurgaans ontvang word, het die Kaapstadse SAPD se Watervleuel Sondagnag, 23 Julie 2017 optrede in die omgewing van Dyer Eiland geloods.

Om 02:00 Maandagoggend is 3 rubberbote aangekeer en deursoek, met 5 arrestasies wat uitgevoer is. Twee van die rubberbote was in die omgewing van Dyer Eiland met onwettige perlemoen aan boord en is gekonfiskeer. Die 3de boot is in Kleinbaai hawe aangekeer en daar is bevind dat dit nie aan SAMSA se veiligheidswette voldoen nie en dus nie seevaardig is nie en is ook gekonfiskeer.

In Kleinbaai hawe is Christian Carelse (35) en Cyril Marthinus (50) op aanklag van die oortreding van SAMSA se seevaardigheidswette gearresteer.  Altwee  het  Dinsdag, 25 Julie 2017 in die Hermanushof verskyn.

Die ander twee bote, wat by Dyer Eiland aangekeer is met onwettige perlemoen aanboord, is ook gekonfiskeer en die skippers en bemanning is gearresteer. Johannes Louw (36), Anver Davids (26) en Gerald Visser (27) het Dinsdag, 25 Julie 2017 in die Bredasdorphof vir die besit van onwettige perlemoen, asook die oortreding van die Seevisserye Wet verskyn. Die eienaar van een van die rubberbote is ook vir die oortreding van Handelseevaartwetgewing aangekla.

Inbraak in Franskraal

‘n Verdagte, Adam Abrahams (26), het Dinsdag, 25 Julie 2017 in die Hermanushof op aanklag van inbraak gedurende die naweek verskyn. Abrahams is gearresteer nadat vingerafdrukke gelig is en borg is teengestaan as gevolg van vorige soortgelyke oortredings.

Inbraak in Kleinbaai

Vakansiegangers is verlede naweek onverhoeds betrap met ‘n inbraak in Kabeljoustraat, Kleinbaai.  

‘n Verdagte, Andre Anthony (27), het diefwering voor een van die vensters oopgebreek terwyl die inwoners tuis was.

Met goeie speurwerk deur AO Vermeulen en konst Mpondo is Anthony vir die besit van gesteelde eiendom gearresteer. Anthony het Dinsdag, 25 Julie 2017 in die Hermanushof verskyn.  

Identifisering van gesteelde eiendom

Gesteelde eiendom is by Gansbaai SAPD beskikbaar vir uitkenning deur die wettige eienaars. Onder andere is daar ‘n Silwer Sansui TV, ‘n wit mikrogolfoond, ‘n LG “surrounding sound speakers” en ‘n Aiwa hoëtroustel met luidsprekers. Die goedere is in Masakhane gevind en 2 verdagtes, Mlondolosi Mgadasie (32) en Afrika Mkheto (23) het reeds gedurende April vanjaar in die Hermanushof op aanklag vir die besit van gesteelde goedere verskyn.

Altwee verskyn weer vandag, 27 Julie 2017 in die hof.

DAFF konfiskeer 2 rubberbote

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant