Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Insiggewende en leersame ekspo’s oor gesonder eetgewoontes, asook voedseltuine, is op ‘n praktiese wyse gedurende Junie vanjaar by Gansbaai skole deur WCC (Whale Coast Conservation), onder leiding van dr Anina Lee, Kommunikasie-bestuurder, aangebied.
Die ekspo’s is by Gansbaai Academia, Laerskool Gansbaai en Masakhane Primary School aangebied. Die skole is geborg in die WCC Youth Environment Programme deur die Anglo Vaal Community Development Trust.
“Gansbaai Academia, Laerskool Gansbaai, Gansbaai Primêr en Laerskool Gansbaai is al verskeie kere deur WCC besoek, waartydens ‘n verskeidenheid van ekspo’s aangebied is,” vertel Anina. “Nou is ons dankbaar dat Masakhane Primary School ook by hierdie program ingeskakel het.”
Saam met Anina, het Shirley Mgoboza, Sheraine van Wyk, John Cowan en Den-fred Bruintjies ‘n goeie verskeidenheid van praktiese demonstrasies aangebied om die belangrikheid van gesonder eetgewoontes onder die leerders aan te moedig.
Onder andere is die noodsaaklikheid van genoegsame proteïene beklemtoon.
Klem is ook op die volgende gelê, wat met praktiese voorbeelde gedemonstreer is: verskillende kleure vrugte en groente, ongesonde voedsel wat vermy moet word, voedselsoorte wat energie vinnig vrystel, die drink van water in die plek van te veel gaskoeldranke en hoe om vars groente in herwinbare houers tuis te kweek.
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...